Blinde oë, Nuwe hoop

Vlamme van hoop

Lang jare
Vriend en vriendin
Was ek ook verlore
Toe bring Jesus my in

Ek is so bly
So dankbaar
Ek het nie aangehou met nee sê
Hoe verlore sou ek steeds wees

Die mense van die wêreld
Het g’n idee wat hulle wegwys
Wanneer hulle vir Jesus bly sê
Nee nou is nie die aangewese tyd

Oe kinders
Sê Daddy-God
Julle wat bly dink dat Ek vervelig is
Asseblief julle moet weer kom hoor

Julle is so verkeerd
Sê Daddy-God
Oor die aannames wat julle oor My maak
So verkeerd

Hoekom kom sien julle nie
Sê Abba-God
Dat Ek baie groter is
As wat julle oor My dink

Julle gedagtes is so klein
Sê Daddy-God
Wanneer dit by My
En dinge van My kom

Kinders sê Daddy-God
Kinders van die wêreld
Ek wil julle vra
Begin om groter dinge te dink

Julle beperk My so baie sê Daddy-God
Met die dinge wat julle dink
Julle moet groter dink kinders
Saam met My begin droom

Hierdie wêreld wonder partykeer
Sê Daddy-God
Is Ek altyd naby
Gee Ek waarlik om

Ja sê Daddy
Dit begin meer en meer gebeur
Wanneer mense sien
Die slegte goeters wat op aarde gebeur

Kinders Ek weet
Sê Daddy
Dis partykeer swaar
As julle nie weet wat gebeur

Daar’s baie goeters
Sê Daddy-God
Goeters wat om julle aangaan
En dan weet julle nie meer wat nou

Oe kinders sê Abba
Ek wil julle vra
Om altyd julle oë
Op My te bly hou

Oe kinders sê Daddy
Julle mag nooit ooit uit oog verloor
Dat Ek by julle is
En dat Ek baie omgee

Nee My liefste kinders
Sê Daddy
Altyd-altyd sal julle My vind
As julle net bereid sal wees om waarlik te soek

Ek gee baie om vir julle kinders
Sê Daddy-God
So so baie
Ek hoop dat julle dit sal kom vind

Kom kinders
Kom asseblief sê Daddy-God
Kom en kom vind
Wie Ek waarlik binne is

Julle glo so baie kere
So verkeerd oor My
Want kinders julle wil nie kom vind
Wat Ek nou vir julle sê

Hoekom sê Daddy-God
Hoekom wil Pappa weet
Gee julle kinders van die wêreld
Altyd so gou op op My?

Oe nee kinders
Sê Daddy-God
Julle kan en mag dit nie meer doen
Dit is nie regverdig teenoor My

Nee liefste kinders
Sê Pappa-God
Julle skuld My en julleself
‘n Behoorlike kans om My te vind

Oe kinders
Sê Daddy-God
Sal julle My asseblief kom vertel
Dat Ek soveel beter as al die ander is

Want dis wie Ek is kinders
Dis wie julle My sal vind om te wees
As julle sou naderkom
Self kom ontdek

Oe kinders sê Daddy-God
Dis nie vir My lekker om te sien
Dat Ek julle bly nader nooi
Maar julle wil nooit self kom sien

Dit bly altyd beter
Sê Daddy-God
Om My te vermy
En die wêreld se opinies oor My aan te hang

Kinders asseblief
Pa vra
Moet dit nie meer doen
Kom ontdek self wie Ek is

Daar is winter seisoene
En somer seisoene
In die lewe
Kind sal jy My asseblief kom ken in elke seisoen van jou lewe?

Dit gebeur gereeld
Sê Daddy-God
Dat mense van My bly wegdraai
In die mees kritiekste oomblikke van hulle lewe

Oe kinders sê Daddy
Asseblief, asseblief
Moet dit nie meer doen
Ek weet alles wat daar is om te weet

Kinders sê Daddy-God
My hart is diep
Hy is wys
Ek wil julle vra

Kom leer hom ken
Moenie dat afstand kinders
‘n Brug tussen ons harte bou
Nee liefste kinders asseblief breek hom eenvoudig vinnig af

Dis maar soos kommunikasie
Tussen man en vrou werk
Kinders
Of is dit nou vriend of vriendin na vriend of vriendin

Kinders sê Daddy
Dit gebeur net te gereeld
Dat ons op uiterste pole sit
En dan nie mekaar se harte kan hoor

Dankie liefste kinders
Sê Daddy-God
Aan die wat altyd naderkom
Aan die wat altyd bereid is om die spasies tussen ons harte te oorbrug

Oe kinders
Sê Daddy
Dit beteken baie
As jy kommunikasie tussen ons wil herstel

Partykeer gebeur dit gou
Ander kere weer nie so gou
Tog wil Ek hê julle moet weet
Ek gee altyd om oor jou

Partykeer het ons geskille
Sê Daddy-God
Goetertjies waaroor ons nie altyd saamstem
Tog gebeur dit nie dat die skans permanent bly

Nee liefste kinders
Sê Daddy-God
Dit gebeur nie altyd nie
Maar darem gereeld

Ja sê Daddy
Daar’s baie-baie kere wat Ek twyfel
Wat Ek wonder
Gaan ons die wig tussen ons laat dryf

Nee kinders sê Daddy
Dis maar baie kere beter
As jy net eerder vir My kom vertel
Wat binne in jou hart lê

Ja kinders
Partykeer mis ons dit
Partykeer mis vriende dit
As hulle nie hulle harte met mekaar deel

Ek breek die wig
Sê Daddy-God
Wat tussen ons harte bestaan
Kinders dis hoekom Ek graag My hart met jou deel

Ja-nee sê Daddy-God
Dis nie vir My lekker om so verlore
Sonder eenheid tussen ons harte
Deur die lewe te gaan

Nee liefste kinders
Sê Daddy
Dis vir My niks lekker
As Ek en jy nie kan praat oor wat diep binne in ons harte lê

Kinders sê Daddy
Kinders van die wêreld
Die tyd raak so kort
Om waarlik saam met My ‘n verskil op aarde te maak

Liefste seun
Dogter van My hart
Daddy wil vra asseblief kom nader
Kom hoor hoe klop My hart

My liefde vir julle is groot
Dis diep
Dis daarom dat Ek vra
Asseblief kind kom deel met My die geheime van jou hart

Liefste seun, dogter
Ek weet dis nie iets wat aldag maklik met julle gebeur
Tog wil Ek vra
Kom ken My

Kom ken My sê Daddy
Asseblief
Kom leer ken wie Ek is
Kom leer dat Ek altyd te vertrou is

Liefste seun
Dogter van My hart
Sal julle asseblief begin
Om julle agendas neer te lê

Kinders sê Daddy-God
Julle almal asseblief
Kom leer Daddy ken
Kom weet dat Ek altyd-altyd vir julle is

Julle hoef nooit skaam te voel
Sê Daddy-God
Om in aanbidding voor My neer te buig
Kinders dit bly vir My so mooi

Kind Ek ken sê Daddy-God
Jou diepste feilbaarheid
Dit waaroor jy dikwels diep skaamkry
En steeds kies Ek jou, steeds wil Ek jou hê

Kind sê Daddy-God
Asseblief sal jy dit begin raaksien
Sal jy begin sien
Dat Ek steeds vir jou is

Altyd-altyd is dit so
Sê Daddy-God
Julle hoef nooit weg te kruip kinders
As Daddy-God naby is

Partykeer is julle skaam
Partykeer kry julle skaam
Sê Daddy-God
Oor goed verkeerd gedoen

Tog moet julle altyd bly onthou
Ek is by julle
Ek ken julle
Kinders julle is geroep om Myne te wees

Lank voor die grondlegging van die wêreld
Sê Daddy-God
Is dit so besluit
Kom asseblief net nader aan My

Oe die liefde
Sê Daddy-God
Oe die liefde en mooi-wees
Wat daar tussen ons 2 se harte kan bestaan

Oe liefste dogters
Seuns van My hart
Vader nooi julle nader
Ek sê kom leer My ken

Daar is verkeerd-wees in julle harte
Sê Daddy-God
Kinders as dit nie iets is
Wat julle graag ook wil hê

Eenheid tussen My en jou hart
Kind wat ritmies saamklop
Dit is wat Ek so graag wil hê
Dit is wat Ek so graag vir jou wil gee

Kind kom asseblief net nader
Sê Pappa
Asseblief altyd nader
Dis nie werk maar ‘n plesier

Baie mense wat twyfel hieroor
Baie mense wat dink
Oe nee nie meer
Wanneer gaan ek tyd vir myself hê

Kind dis verkeerde dink
Sê Daddy-God
By My raak alles beter
Hoe meer tyd jy met My spandeer

Ek praat nie van ure sonder end
Kind
Nee Daddy praat van die goue tydjies
In jou skedule wat jy aan My afstaan

Vir elkeen van julle
Lyk dit anders kind
Ek weet
Jy weet

Moet jouself nie veroordeel
Sê Daddy-God
As jou tyd saam met My
Anders lyk as ‘n ander een s’n

Nee liefste kind
Daddy wil jou net vra
Doen jy net jou beste
Met dit wat jy het

Ja liefste kind, dogter, seun
Dat julle bly kla
Dit is te veel vir my
Hierdie gepraat en gepraat oor slegs 1 ding

Oe kinders sê Daddy
Kan julle nie verstaan
Kan julle nie sien die blink in die oë
Van die mens wat voor jou staan

Kinders sê Daddy-God
Daar is mense op planeet aarde wat ‘n passie vir My het
Leer om dit te aanvaar
Leer om saam met dit te leef

Kinders dis vir My mooi
Sê Daddy
So mooi
Die mense op aarde wat My met hulle alles bemin

Oe kinders sê Daddy
Julle van die wêreld
Julle wat My nog nie so baie liefhet
Wil julle nie ‘n bietjie by hulle gaan leer?

Dit maak My dikwels seer
Sê Daddy-God
Die verkeerde goeters wat mense praat
Teenoor die wat My so baie liefhet

Kinders sê Daddy
Verstaan julle nie
Wil julle nie weet
Daar is ‘n passie daarbinne aangesteek deur My

Dis baie moeilik sê Daddy-God
Vir mense wat dit nie verstaan
Om te verstaan
Maar dit is hoe dit is

Kinders sê Daddy
Daai mense met ‘n passie vir My
Dikwels doen hulle verkeerd
Dikwels doen hulle reg

Ja sê Daddy
Hulle weet nie aldag hoe om die vlammende vuur in hulle harte
Onder beheer te kry
Hulle weet nie aldag hoe om stil en besadig te wees

Kinders sê Daddy-God
Daai vlamme van hoop wat in hulle binneste brand
Hulle weet nie lekker hoe om dit te bedwing
Die dat hulle altyd met almal wil deel

Kinders asseblief
Sê Daddy
Julle wat partykeer swaar kry onder hulle
Leer vergeef

Leer asseblief
Om hulle lief te kry en te hê
Soos wat Ek hulle het
Leer om hulle te aanvaar

Daar sal altyd mense met ‘n passie vir My
In hierdie lewe wees
Dis nodig kinders
Vir wat Ek hier op aarde deur hulle verrig

Kinders moenie skaamkry sê Pappa-God
As dit nog nie so vir jou is
Vra jouself maar net eerder af
Kan ek Jesus dalk nog ‘n bietjie liewer kry?

Mense verstaan nie
Sê Daddy-God
Mense dink dit vat tyd en is swaar om op My te wag
Eintlik het hulle dan net nog nie die waarde daarvan ontdek

Kind dalk sê Daddy
Moet jy dit net kom probeer
Dalk moet jy net kom probeer
Om gereeld op My te wag

Liefste seun, dogter
Van My hart en elders
Julle sal dan dalk self begin ervaar
Hoe hoog die vlamme van hoop in ‘n mens se hart kan begin brand

Kinders asseblief sê Abba
Begin vergeef
Die mense teen wie jy iets het
Asseblief moet dit nie meer teen hulle hou

Ek gee so baie om sê Abba-Vader
Vir julle almal
Vir die met ‘n laer-passie in hulle hart
Vir die aan die brand met My Gees

Moet hulle nie veroordeel nie kinders
Asseblief
Hê hulle veel eerder lief
Kom doen wat Pappa vra

Gee genade kind
Asseblief
Altyd genade
Vir die wat nie soos jy is

Julle almal se stories en verhale saam met My
Lyk anders
Help My eerder
Deur elkeen die ander een s’n te waardeer

Ja liefste kind
Sê Pappa-God
Genade is aan julle bewys
Bewys dit ook nou aan ander

Dis maar al wat Ek vra kind
Kom leer My ken
Meer en meer
En jy sal self sien

Moenie bang wees nie kind
Dogter, seun van My hart
Tyd saam met My bring die mooiste vrugte voort
Vat nou maar net kind daai blink oë van die een wat so passievol vir My leef

Dit maak nie saak nie kind
Elkeen van julle is vir My so mooi
Kom net nader aan My
Wees net altyd bereid om nog ‘n ietsie ekstra van My te kom ontdek

Oe kind sê Daddy
Oe kind
Die lewe is so mooi
Veral as julle dit saam met My kan doen

Die mooiste, blinkste
Vrugbaarste dele van hierdie lewe
Is slegs in My te vind
Kinders sal julle kom soek?

Ek nooi julle altyd nader kind
Ek nooi julle altyd nader
Kom sien, kom vind
Pappa is waarlik … vir jou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s