Byt vas, Nuwe hoop

Krag-emmertjie

Kom sien die Son
Wat so blink
In my hart
Het Hy al baie mooi opgekom

Dis die Son van Genade
Sê Abba-God se kind
Dis Hy wat so helder en warm
Hier in my binneste skyn

Dis Hy wat vir die mense om my
Altyd lig wil gee
Dis Hy wat omgee
Om liefde te bewys

Dis nie ek wat altyd so baie omgee
Nee dis baie kere Hy
Die Son van Genade
Binne my

Prins van Vrede
Is Sy ander naam
Dis wat Hy vir my kom gee het
Met Sy reddende regterhand

Dis omdat ek altyd weet
Hy gee om
Dis omdat ek altyd weet
Hy is die een

Die Son van Genade
Het my al soveel kere
Self hoop kom gee
Die kere wat ek gevoel het, ek is teen die grond

Nee wat
Die Rots van die Eeue
Hierbinne my
Ewig standvastig is Hy

Dis soos niks kan Hom laat wegbeweeg
Niks kan my huisie
Inmekaar laat tuimel
As Hy die een is op wie ek my huisie bou

Baie kere het mense en situasies al probeer
Om die Prins van Vrede
In my hart te onttroon
Tog kon hulle dit nog nie regkry

Want sien daar is ‘n belofte
In ons God se Woord
Die wat by Hom skuil
Se hoop sal nooit verydel word

En dis waar ek my geloof
Hoop en inspirasie put
Die vuur hierbinne my
Wat nie wil verflou

Partykeer gebeur dit wel
Kinders van God
Dat die lewe ook kom put
En met al sy swaar laste ons skouers kom swaar maak

Ja partykeer gebeur dit wel
Dat hierdie put van hoop
Leeggetap wil word
Deur die ellende om my

Ja baie kere wat ek daardie
Hoop, geloof en inspirasie in my
Met mense deel
En dan besef … ek is leeg!

Sien want die fonteine
Van lewende water binne my
Moet gevoed word met die lewende water
Wat van Bowe kom

Ja dit is so
Kind van God
Ons moet gaan opvul by die hemelse fontein
Anders gaan ons nie hê om vir die nodiges om ons uit te deel

Partykeer gebeur dit sê Pappa-God se kind
Dat ons vergeet
Dit is wat nodig is
Vir ons om hoop aan die wêreld te bly gee

As ons nie hoop in ons binneste het
Gaan ons nie hê om vir die wêreld uit te deel
Kinders van Abba-God
Dit is hoe dit werk

Self is ek seker
Julle het dit al agter gekom
Julle het al besef
God se krag het ek nodig binne my

Baie kere sê Pappa
Baie baie kere dat My kinders
Hierdie allerbelangrikste beginsel van die lewe vergeet
Hulle wat moet kom krag put uit My

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Dis wat julle altyd-altyd moet bly doen
Anders gaan julle verlore raak in hierdie wêreld en haar sorge

Want ja sê Daddy-God
My kind
Sy, die wêreld, het een missie
En dit is om julle leeg te tap

Leeg van hoop
En hopeloosheid vir julle te gee
Leeg van genade
Sodat julle ander mense nie kan liefde gee

Oe kinders sê Pappa-God
Julle hoef nooit bang te wees
Om kos vir jou siel te gee
Kind dit bly so goed

Ja liefste seun
Dogter van God
Julle moet altyd onthou
Dat Vader by julle is

Ek staan julle by
In tye van nood en moedeloosheid is Ek altyd naby
Gereed om te sê
My kind kom ons probeer weer

Kinders sê Daddy
Dis partykeer vir My so swaar
So swaar as Ek sien
Dat mense nie hoop vir hierdie lewe het nie

Kinders sê Daddy-God
Dis omdat julle My kinders
Nie ingeprop bly
Met julle hemelse kragbron

Ja-nee My liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek sien die swaar om julle skouers
En dan besef Ek maar dis so onnodig

Oe kinders sê Daddy-God
Oe kinders asseblief
Kom prop in by julle Hemelse Kragbron
En bly ingeprop!

Dis waar julle hemelse krag
Wysheid en insig lê kinders
By My
Julle ewige God

Julle hoef nie
My liefste kinders
So te verdwaal tussen al die verkeerd
En dit wat julle aandag van My steel

Nee liefste kinders
Asseblief kom eerder terug na My
Ek wat vir julle wag
Ek wat ‘n afsprakie met julle het

Elke oggend sê Daddy-God
My kind gee Ek julle die kans
Om daai put in julle harte
Met nuwe lewende vars waters te verkwik

Hoekom sê soveel van julle
Nee dankie daarvoor
Oe kinders sê Daddy-God
Julle maak dit partymaal so swaar vir julleself

Kinders sê Daddy-God
Asseblief
Kom sien, kom leer
Dat Ek vir julle is

Dis baie kere sê Daddy-God
Wat dit gebeur
Dat mense swaarkry
Omdat hulle nie van My wil leer

Oe kinders sê Daddy-God
Asseblief
Kom nou
Kom sien wat Ek vir julle instoor hou

Julle is dikwels My kinders
So tevrede met hemel-druppels
Dat julle nie besef
Daar is nog baie waar hulle vandaan kom

Kinders sê Daddy
Ek word dikwels teleurgestel
As Ek sien
Hoeveel kom vra na My Hemelse Reën

Daar’s so min van julle
Sê Daddy-God
So so min van julle
Wat kom aanklop, wat kom vra, wat smag na hemelse reën

Dikwels sê Daddy-God
Wat dit gebeur
Dat mense op ‘n tyd vol was van My genade en liefde
Maar toe nooit weer kom aanklop het daarvoor

Oe kinders
Sê Daddy-God
Ek weet, Ek verbeel My nie
Die lewe is swaar

Dis die dat Ek vra
Kom klop gereeld kind
Kom vra daarna
Hemelse Reën

Dis die enigste iets kind
Wat gaan maak dat jy hierdie lewe
Waarlik in oorwinning leef
Ek in jou, ten volle

Dis hoekom Ek vra kind
Altyd-altyd asseblief
Kom lig daagliks jou hart se emmertjie op en sê
Daddy gooi asseblief, ek wil oorloop!

Ja liefste kind
Sê Daddy-God
Dis hoe jou krag groei
Dis hoe jy sterk bly in My

Deur jou krag-emmer
Op te lig na My
Deur die Woord van God
Wat jy daagliks inneem

Oe kind sê Pappa
Dit is hoe eenvoudig dit is
Jy hoef dit nie te kompliseer
Kom wag op Pappa en sien wat gebeur

Ek wil jou sterk hê kind
Ek wil hê jy moet die aanslae van die lewe gesond kan hanteer
Dis hoekom Ek vra
Begin en eindig met My

Kind Ek’s soveel meer
Soveel meer as wat jy op aarde nodig het
Ek wil dit vir jou gee kind
Die antwoord is … bly ingeprop!

Wanneer jy voel
Die lewe druk
Wanneer jy voel
Ek kan nie meer

Kind dis dan
Dan veral wat jy moet sê
Die troonkamer van my Abba
Dit is waar die antwoord lê!

Oe kinders sê Daddy-God
Hardloop My kinders
Hardloop na My
Waar Ek in die Troonkamer vir jou wag

Kinders dis waar al julle
Lewensprobleme se antwoorde lê
By My
Hulle is almal in My te vind

Kinders moenie meer bang wees
Asseblief, kom ontdek die wonder van My
Die wonder van My genesing en krag
Wanneer jy by die Troonkamer opdaag

Soos blinkers sê Daddy-God
Sal die wonder van wie Ek is
Oor julle val
Die wonder van wie Ek is vir elkeen wat vra

Oe kinders sê Daddy
Moenie, moenie bang wees om te vra
Nooit nie
God asseblief help my

Die wonders wat Ek kan verrig
Sê Daddy
In die harte wat weet
Hulle is niks sonder My

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Dis so mooi, dis so lieflik
Dit sal julle harte waarlik bly maak

Kom nader kinders
Asseblief altyd
Weet Ek is by julle
Weet Ek gee waarlik om!

Amen.

Kyk hierdie musiekvideo! 🙂

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s