Blinde oë, Liefde so groot

2 Rekenaars

Die genesingskrag van God
Is so groot
Het jy dit al gevind
Het jy dit al ondervind?

Hierdie God van ons is so groot
Liefste kind van God
Boetie, sussie
Hy is sooo groot

Daar is niks wat ons God nie kan doen
Dis mos hoe die woorde van die liedjie lui
Hoe wonderlik om te weet
Dat dit soveel meer as net mooi woorde is

Dis waarheid
Boetie en sussie
‘n Waarheid soos min
Het jy dit al ondervind

Dis ons God
Sê Daddy-God se kind
Wat die Rooi See oopkloof
Vir Sy kinders ‘n pad in die droë woestyn maak

Oe kinders van God
Sê Daddy se kind
Dit is wie ons God is!
Dit maak my so opgewonde, dit maak my so bly!

Ek sing en vertel
Nie van ‘n dooie god
Ek sing en vertel
Van die Koning van alle konings wat altyd is

Dit is mos wat Moses
Vir die farao moes sê
God Ek Is het my na jou gestuur
Die God wat Is

Daar is altyd soveel vrae
Sê Daddy
As Ek so oor die aarde kyk dan sien Ek hulle vra
Is God die Is?

Daar’s te veel vrae soos die sê Daddy
Te veel vrae wat wonder
Is Ek die God wat Is
Is Ek die Skepper van die wonderlike mooi heelal?

Oe kinders sê Daddy
Daar’s heelwat, heelwat mense op aarde
Wat verdwaal tussen al die verkeerd oor My
Wat die aarde vollê

Van Ek is nie ‘n God van liefde
Tot Ek is so verkeerd
Kinders sê Daddy
Glo My daar is baie leuens

Ek weet nie of julle wil weet
Maar julle is verkeerd oor My
Sê Daddy-God
Ek wil dit graag aan julle sê

Aan julle wat altyd so verlore voel
Aan julle wat bly dink
Kan daar rerig
Nie ‘n Skepper van planeet aarde wees?

Want ja sê Daddy-God
Daar is mense
Mense wat die aarde se skoonheid bewonder
Mense wat bly sê wow dit is so mooi!

Ja die fyn intricate details
Het hulle al ontdek
Hulle het al gesien
Wow dit is so meesterlik beplan

Wow kinders sê Daddy
Wow julle het al ontdek
Waarteen baie mense kies om hulself blind te staar
God se meesterstuk!

Want dit is waarvan
Die mens en heelal getuig
‘n Skepper-God wat als weet
Van intelligente ontwerp!

Ja van die kleinste organisme
Tot die manier waarop die brein funksioneer
Dis nie sommer net toeval
Dis ‘n God wat geweet het wat Hy doen

Ja liefste kinders
Kinders van die wêreld
Vir baie jare word julle nou al vertel
Dat daar nie iets soos ‘n God is

Kinders, het julle al gesien
Het julle al gevind
Die mensdom kan foute maak
Die een is haar grootste een!

Ja vir jare en jare
Sê Daddy-God
Wat die mensdom probeer
Om haar Skepper uit die begin te skryf

Dis vir My so so belaglik
Sê Daddy-God
Julle laat My lag
Met julle verspotte idees!

Tot op hede dag sê Daddy
Is daar net een persoon
Wat lewe kan skep
En dit is Ek liewe vriend

Ja vir baie jare word daar rondvertel
Ek is nie God
Daar is nie ‘n God
Dit is twee van die leuens waarmee Satan sy koninkryk sterk bly bou

Oe kinders sê Daddy
Kinders van die wêreld
Julle aannames van My is so verkeerd
Glo My julle wil nie daarmee in die ewige verdoemenis inval

God se kinders
Sê Daddy
Julle wat in My glo
Kom ons maak ‘n bietje hulle oë oop

Kinders van die wêreld
Julle wat verkeerd glo
Sê bietjie vir My
Hoe verduidelik julle My uit die geboorte van ‘n kleinding?

Is dit nou met ‘n skaap of ‘n mens
Elke geboorte vertel die storie van ‘n wonderwerk
Van begin van die baba se groei
Tot die einde

Oe kinders sê Daddy
Julle in die wêreld
Hoe mis julle dit
Hoe sien julle nie

Julle waarde het deur die jare
Al so afgeneem
Julle het al begin glo
Van ape is ons afkomstig

Oe kinders
Sê Daddy-God
Die goeters wat die duiwel julle sal probeer wysmaak
Net sodat julle nie moet glo julle is hier met ‘n spesiale doel

Oe kinders
Oe kinders
Julle is besig om so te verloor
Omdat julle Satan se leuens glo

Hoekom is jy hier vra Vader
Hoekom?
Net om te bestaan?
Kind jy is verkeerd!

Hoekom, hoekom is dit nodig
Om reg te doen
Om beginselvas te wees
Om op te staan teen verkeerd as alles net doelloos is?

Kinders hoekom leef julle nog
Hoekom is julle nog hier
Wat is die rede vir jou bestaan
Net om te bestaan?

Oe kinders sê Abba
Julle is verkeerd
So verkeerd!
So belaglik wat julle glo!

Wat sou die doel van familie wees
Wat is die doel van liefde
Wat sou dit beteken om te lag en gesels met vriende
Wat sou die doel wees van drukkies aan jou kinders uitdeel?

Kinders as dit nie vir julle wys
Die lewe is oor baie meer as bestaan
Weet Ek nie want elkeen van julle
Julle weet wat is omgee

As die lewe net ‘n bestaan was
Hoekom, hoekom wil jy vir jou kind
Die mooiste beste toekoms op aarde gee
Hoekom werk jy om goed af te tree?

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
So belaglik julle vrae
So belaglik die goeters wat julle glo

Ek lag vir julle sê Abba-Vader
Ek lag vir julle
Julle is so verkeerd
Tog wil julle dit net nie weet

As die lewe sê Daddy
Een dolle gejaag van niks was
Hoekom, hoekom gee jy om
Oor wat môre gebeur?

Hoekom, hoekom?
As dit niks was
En jy gaan nêrens heen
Al wat jy doen is bestaan

Hoekom aan toekomsdrome bou
Hoekom doelwitte najaag
Hoekom werk vir wat jy wil hê
As als liewe vriend … net niks was?

Oe julle is verkeerd
So verkeerd
Dis belaglik
Net om te dink … Ek moet die goed met julle redeneer

Hoekom gee julle om oor siek-wees
Gesond-word
Hoekom gee julle om oor oefen
Of gesond-eet?

Kinders dis in julle ingebou
Ek het dit daar gesit
Om om te gee
Dis deel van jou

Dis so half en half
Die bewys wat Ek in julle gesit het
Om te wys dat net niks
Ooit niks is

Ja-nee sê Daddy-God
Julle glo so verkeerd
Wanneer julle hierdie vertraagde sieninge aanhang
Kinders julle is verkeerd

Hoekom nie eerder
Die waarheid kom omhels
Hoekom nie eerder kom erken
Vader jammer U was toe al die tyd reg

Hoekom is dit so moeilik om te erken kinders
Jy is verkeerd
Hoekom is dit so moeilik om vir die Ek Is te sê
U is toe regtig al die tyd Ek Is

Hou op asseblief
Vra Vader
Om die grootheid van wie Ek is
Met julle klein breine te probeer kleinkry

Kinders verstaan julle nie vra Vader
Verstaan julle nie
Dis wanneer julle dit doen
Dat julle sulke belaglike goeters begin glo

Hoe, hoe op dees aarde
Kan skeppelinge die Skepper uitredeneer
Kinders dis soos twee rekenaars wat vassit en baklei
Vas oortuig die mens wat hom gemaak bestaan nie

Kinders dis hoe belaglik
Absoluut belaglik
Julle argumente in My ore klink
Wanneer julle oor hierdie goed praat

Ek is soos die mens
Wat op die rekenaars afkyk
Sy hande en skouers lig en sê
Seriously?!

Kinders, seriously?
Rerig?
Hoeveel bewyse soek jy nog
Hoeveel meer as die hele skepping wat jou omring?

Kind jy moet soos ‘n blinde wees
Regtig
Dalk is jy besig met ‘n speletjie
Ek weet nie maar dis tyd vir jou om jou oë oop te maak

Jy is al so lank verblind kind
En Daddy is bang
Ek is rerig-rerig bang
Dat jy as gevolg daarvan nie die Ewige Lewe gaan smaak

Kind Ek het nodig dat jy
Die Skepper in die skepping sal begin raaksien
Sodat jy by Jesus en wat Hy
Aan die kruis van Golgota vir jou gedoen het kan uitkom…

Kind asseblief
Die tyd is nou
Die aangewese tyd om jou oë oop te maak
Is nou

Ek vergewe
Mense wat verkeerd was
Sê Daddy-God
Ek vergeef en Ek dink nooit weer daaraan

Daarom sê Daddy
Wil Ek hê jy moet weet
Ek is groter as jou verkeerd doen
Ek is groter as jou verkeerd glo

Kom net sê Daddy-God
Wees net bereid om jou knieë
Voor die Skepper van hemel en aarde te buig
En jy sal sien

Jy sal sien en ervaar hoe ‘n Hemelse Pappa
Sy arms om Sy aardse kind slaan en sê
Ek het jou gemis
Ek was nog altyd lief vir jou

Dankie dat jy terugkeer
Seun, dogter van God
Dankie dat jy terugkom
Dit beteken die wêreld vir My

Julle moet ‘n bietjie minder bereid wees
Om die leuens van Satan te glo kinders
Dit kry julle in die grootste moeilikheid kinders
Die grootste moeilikheid

Kom kinders, kom asseblief
Trek nader aan julle Hemelse Pappa
Trek nader aan wie Ek Is
En wie Ek in My Seun vir jou kan en wil wees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s