Blinde oë, Byt vas

Biefstuk bo!

Hoekom kinders
Vra Daddy-God
Gee julle altyd so gou op op My
Dit hoort nie so

Kinders asseblief
Julle moet altyd-altyd weet
Ek wil net die beste vir julle hê
My hart hou net die beste instoor

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Julle moet asseblief ophou om terug te kyk na die vleispotte van Egipte
Hou asseblief op om terug te verlang

Kinders julle sien dit nog nie
– Dis hoekom julle moet glo –
Maar die vleispotte van Egipte
Sal jou nooit kan gee wat Ek bied

Kinders sê Daddy-God
My hart vir julle is altyd goud
Ek weet daar kom met tye vertwyfeling
Dinge wat julle laat wonder gaan dit waarlik goed wees

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek weet daai twyfel-vrae
Kom krap partykeer aan jou hart

Liefste kind
Jy moet asseblief aanhou glo
Daddy-God is by jou
En elke tree sal Ek jou lei

Ek laat julle nooit My kind
Damaskus-paaie alleen loop
Dit is net nie wie Ek is
Dis net nie wat Ek doen

God se kinders
Dit is julle
Dit sal julle altyd wees
Julle wat gesê het God ons kies U

Kinders sê Daddy-God
My liefste-liefste kinders
Partykeer is dit swaar
Want julle wonder gaan ek moet ly

Kind sê Daddy-God
Liefste kind
Ek sal tree vir tree by jou wees
Ek sal jou help, Ek sal jou leer

Hou net vaster aan My
Kind asseblief
Moenie opgee
Weet Daddy is by jou

Julle moenie My liefste kinders
Asseblief
Julle moenie My goedheid vir julle in twyfel trek
Ek is altyd goed, altyd goed

Kinders sê Daddy-God
Partykeer
Partykeer kom Satan in
En dan probeer hy steel met gedagtes wat hy plant

Seun en dogter
Liefste kind van Daddy-God
Ek wil net vandag vir julle vertel
Dat Ek by julle is

Nie elke liewe gedagte wat jy dink
Sê Daddy-God
Is afkomstig van My
Kind party van hulle word deur die vyand geplant

Kind sê Daddy-God
Dis so belangrik vir jou om te weet
Jy moet kan onderskei
Wat is van My, wat is van Satan

Liefste, liefste dogter
Liefste, liefste seun
Jy is goed genoeg sê Daddy-God
Vir My en elke mens wat jy teëkom

Ja liefste kind
Asseblief
Julle moet minderwaardigheid
Nie meer toelaat om ‘n plek in jou hart te hê

Kind Ek sê vir jou
Sê Daddy-God
Jy My liefste kind
Jy is goed genoeg

Julle wonder partymaal
Te lank
Oor die goeters wat Satan
In julle gedagtes plant

Kinders asseblief
Sê Daddy-God
Don’t entertain them
Don’t even give them the time of day

Kinders sê Daddy-God
My liefste kinders
Daai gedagtes wat Satan plant
Hulle is baie gevaarlik

Dit is hoekom kind
Ek jou altyd vra
Moet hulle nie dink
Stop hulle dood

Kinders sê Daddy-God
My liefste kinders
Die leuens se missie is altyd
Om vrees en nutteloosheid in te boesem

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Asseblief moet hulle nie toelaat
Weeg elkeen op teenoor My waarheid

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Sulke gedagtes is nie goed vir julle
Daarom dat Ek vra dat jy hulle gou stopsit

Oe kinders
Sê Daddy
Oe kinders
Die wonder van gedagtes dink wat Ek dink

Die Bybel sê dit My liefste kinders
Hy gee baie goeie raad
Moenie dat julle gedagtes gelyk word aan die wêreld se manier
Maar word verander deur die manier waarop jy dink

Kinders sê Daddy-God
Ek is altyd besig
Met vernuwing in elkeen van julle se lewens
Julle elkeen

Ja liefste kind
Sê Daddy-God
Dis hoekom Ek vra lees jou Bybel
Want so word die vernuwing-saadjies gesaai

Kind sê Daddy-God
Liefste, liefste kind
Dis hoekom Pappa altyd vra
Word sterk kind met die kos wat jy jou gees voed

Oe kinders
Sê Daddy-God
My liefste-liefste kinders
Hou aan daarmee

Hou aan om vir jou gees kind
Die nodige voedsel te gee
Hou aan kind
Om sterk te word in My

Dis allerbelangrik My kind
Dat julle sal weet
Ek het nodig dat julle soos Ek begin dink oor dinge
Sodat julle waarlik lewe en oorvloed kan ervaar

Daddy-God se kinders
Julle wat altyd-altyd so bang voel om julle Bybels oop te maak
Moenie veroordeel voel nie asseblief
Sien dit eerder as goue geleenthede om te groei in My

Kind sê Daddy-God
Dis maar waarlik al wat dit is
Die beste Pappa ooit
Wat Sy kinders die beste pad ooit wil leer

Ek weet julle word dikwels
Verhinder om Bybel te lees
Ek weet dis iets wat julle nie altyd
Lus voel om te doen

Kinders sê Daddy-God
Kom ons wees eerlik
Dit is so
Uitgevang! 😉

Oe My liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek wens julle kon sien
Dis maar net meneer vlees wat die stryd nie te maklik gewonne wil gee

Oe kinders sê Daddy-God
Oe kinders
Die plan is om hom uit te oorlê
Dis hoekom julle moet aanhou daarmee

Kind sê Daddy-God
Net tot jou gees begin kos kry het
Net totdat jy begin voel
Maar ek wil meer hê

Sien kind sê Daddy
Sien
Dis so belangrik dat julle eers waarlik proe
Voordat julle ophou daarmee

Mense wat al geproe het
Rerig geproe het
Hulle kan nooit ophou daarmee
Nie soos die wat lusteloos daaraan peusel

Kinders sê Daddy
Asseblief
Hou aan daarmee
Hou asseblief aan om elke dag ‘n stewige stuk van My Woord in te kry

Die steak van My Woord
Is regtig soveel kere beter
As die vleispotte van Egipte
Soveel meer smaakvol

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Kom smul asseblief aan die watertand-geregte van My Woord
Kom smul aan die beste disse voorberei

Dis soos ‘n vyfgang-maaltyd
My kind
Wat jy kan geniet
Elke keer as jy jou Woord oopmaak

Begin om so daaraan te dink kind
Begin om so daaraan te dink
Jou gees gaan honger ly kind as jy hom nie voed
Hy gaan aan anorexia begin ly

Ja My liefste kind
Ek weet sê Daddy-God
Party van julle se gees-mens
Ly al jare en jare aan anorexia

Kind net soos met die natuurlike
Wil Ek jou vra
Begin om klein happies te geniet
Totdat jy beter en sterker vertoon

Sien liefste kind
Sê Daddy-God
Die water van My Woord
Dit is so goed vir jou

Begin toelaat My kind
Asseblief
Dat die vars water van My Woord
Jou ingewande begin skoonmaak

Ja My liefste kind
Ja dit is so
Begin asseblief so dink daaraan
My Woord is die heelbeste multi-vitamien wat jy kan inneem

Party mense
Is so baie dikwels
So baie besorg oor hoe hulle buite lyk
Sonder dat hulle ooit hulle gees-mens in ag neem

Kinders Ek wil julle vra om te onthou
Asseblief sê Daddy-God
Daar is ‘n mensie daarbinne
Wat ook smag na bietjie liefde en aandag

Die mooiste dinge gebeur
Sê Daddy-God
Wanneer mense na albei begin omsien
Die gees-mens in jou maar ook die liggaamlike deel

Oe kinders
Sê Daddy-God
Oe kinders
Die allermooiste goed

Dis nie My hart sê Daddy
Om julle in die vlees te laat hongerly
Maar kinders asseblief julle moet onthou
Dat daar ook ‘n gees-mens is

In elke een van julle
Is dit daardie stukkie van My
Wat Ek so graag wil hê moet konneksie met My behou
Daarom dat Ek vra kry asseblief ‘n balans

Daar’s te veel van julle My kinders
Te veel van julle
Wat net nooit ooit omgee
Om My beter te leer ken

Dit maak redelik seer kinders
Redelik seer
Want al wat Ek so so gereeld sien
Is kinders wat aanhou sê nee nou is nie die aangewese tyd

Kind vra Daddy-God
Liefste kind
Gaan daar ooit ‘n regte tyd vir jou wees?
Asseblief wees nou baie eerlik

Daar’s te veel van julle met baie verskonings
Baie, baie, baie verskonings sê Daddy-God
Te veel, te baie
En Ek wil dit so nie so hê

Kan Ek julle vra
Liefste kinders asseblief
Om te begin aandag gee
Aan die gees-mens binne julle elkeen

Kinders dis so belangrik om te weet
Hy of sy
Hulle groei nie sommer vanself
Hulle het daai kos nodig waarvan nou-nou gepraat

Oe kinders sê Daddy-God
Oe kinders
Dis so genoeg dat julle sê julle gaan
Maar julle doen nooit

Party mense op aarde
Sê Daddy-God
Is van leë beloftes aanmekaar gesit
Hulle kan net nooit hulle woord hou

Asseblief kinders, asseblief
Moenie een van daardie mense wees
Wees veel eerder
‘n Man of vrou van integriteit

Oe kinders dis mooi né
Julle het darem seker al
Mense soos die gesien of ontmoet
Mense met inbors

Oe dit klink mooi
Oe dit is mooi
Veral as dit presies is
Wat jy kry

Wees ‘n man en vrou van jou woord
Asseblief kind, asseblief
Dis al wat Ek vra
Dit gaan ons so ‘n vêr ent vat

Ek gee om kinders
Ek gee soveel om
Dis hoekom Ek vra
Kom net nader aan My

Oe julle wat so vêr bly
Julle het net nie ‘n idee
Waarop julle uitmis
Julle het net geen idee

Die wat belangstel om te vind
Asseblief kinders kom nader
Veel-veel nader
As wat jy nou is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s