'n Seer hart, Nuwe hoop

Hopie se hoop

Kinders keer terug na My
Sê Daddy-God
Gebroke en stukkend
Is julle nou al vir vele jare

Julle wonder of Ek omgee
Julle wonder of Ek weet
Daddy wil net vandag vir jou kom sê
Kind Ek doen

Ek sien die vrese in jou hart
Die onvermoë om oor te gee aan My
Jy dink dit gaan dieselfde wees
Jy dink jy gaan weer seerkry

Oe kind
Sê Daddy-God
Ek wil net vandag vir jou belowe
Dit sal nie so wees

Daddy is anders
Gebroke stukkende kinders van die wêreld
Ek is nie soos al die ander
Wat seermaak

Ja sê Daddy-God
Dis anders
By My is dinge soveel anders
By My kan Ek selfs in die diepste donkerste nag bly hoop gee

Dis omdat Ek weet wie Ek is kinders
Ek is HOOP
Ek is LIG
By My is die donkerste nag soos helder dag

Dis wat Ek kan doen
Dis wie Ek is
Dis hoekom Ek vandag
Hierdie hoop vir julle kan kom gee

Ek wil vir julle kom vertel kinders
Dat julle lewens hoop en waarde dra
Maak nie saak
Hoe stukkend dit nou vertoon

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Uit die gebroke stukkies van jou lewe
Kan Ek die mooiste mosaïek maak

Ja kinders Ek weet
Ek kan sien sê Daddy-God
Satan is besig om vir jou te vertel
Jou lewe is een stuk groot gemors en niks werd

Oe kind sê Daddy
Oe kind
Hy is so verkeerd
Hy kan seker niks verder as sy neus sien

Oe kinders sê Daddy, oe kinders
Ek wil julle nader nooi
Ek wil hê julle moet kom hoor
Dat jou lewe steeds soveel waarde dra

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Julle verstaan nie aldag maar dit is so
Moenie dat foute van die verlede jou soos ‘n nikswerd laat voel

Kinders sê Daddy-God
Julle kon al die foute gemaak het
Wat die wêreld kan maak
En steeds seun, dogter sou Ek dieselfde sê

Ek bepaal die waarde van jou lewe kind
Ek besluit hoeveel is jy werd
Ek wat jou gemaak het
En dit is so baie

Oe kinders sê Daddy-God
Oe kinders
Ek wil hê julle moet dit onthou
Moenie meer toelaat dat Satan vir julle lieg

Dis veel beter sê Daddy-God
Om in My vermoë te vertrou
Eerder as julle eie
Is dit nie so?

Kinders dis hoekom Ek altyd-altyd vra
Hou net aan om na Bowe te kyk
Hou net aan kind
Dis hoe die onmoontlike in jou lewe kan gebeur

Ek het die grootste gemors van my lewe gemaak
Alles opgedinges
Kind dis dalk wat jy nou sê
Wag totdat jy sien wat Ek daarmee kan maak

Kind dit is nou maar net een maal so
Ek het dit so gemaak
Dat jou verlede en al sy foute
Soveel potensiaal vir jou toekoms inhou

Ja kind, ja
Ek is die God van oor-begin
Nuut-begin, weer-begin
Al wat jy moet doen, is om jou stukkende verlede vir My te gee

Oe kind, oe
Die potensiaal wat dit het
Dit maak My kinderlik opgewonde
Laat My glimlag van oor tot oor

Hou asseblief op kind
Hou asseblief op
Om jouself so te onderskat
Om te dink dat jy dit nie waardig is

Selfs Satan sou dit waardig wees kinders
Selfs Satan
As hy ja sou sê vir My Seun se bloed
As hy homself sou verneder en jammer sê

Ja My kind, ja
Die lewe het jou soveel blou-kolle gegee
Kind Ek kan sien
Daddy wil dit soveel beter maak

Sal jy My asseblief kom ken kind
Sal jy dit asseblief alles vir My bring
So kan Ek inkom
Waarlik genees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s