'n Seer hart, Nuwe hoop

Tronke van selfhaat

Die begin en einde van alles
Is Jesus
Jesus is Sy Naam
Die beeldskone een

Vriend, vriendin
Boetie, sussie
Het jy Hom al nader genooi
Koning van jou lewe gemaak

Ek het dit al soveel kere vir hulle gesê
Daddy-God
Soveel kere
Ek wens hulle wil my begin glo

Boetie, sussie, vriend en vriendin
Om ‘n pad met Jesus te begin loop
Om Hom in te nooi
Is die beste ding wat jy ooit sal kan doen

Daar is baie dinge
Sê Daddy-God
Dinge wat in die verlede lê
Wat mensekinders verhoed om te kom

Ja sê Daddy-God
Ja
Hulle sit soveel kere in soveel skaam-wees vasgekoek
Hulle kan hulleself net nie loskry

Kinders dis so eenvoudig sê Daddy-God
Dis so eenvoudig
Bely net Daddy-God ek was so-so verkeerd
Asseblief vergewe my

Vergewe my bang-wees
Vergewe my asseblief
Dat ek altyd van U af bly wegdwaal
En net nooit nader aan U wil kom

Ek’s so jammer
Sê Daddy-God
My kinders dat julle in hierdie gat sit
En dink julle kan nie uit

Julle kan My liefste kinders
Julle kan
Vir vryheid is julle gemaak
Vir vryheid so groot!

Moenie toelaat My kinders
Asseblief
Dat Satan julle in tronke van selfhaat hou
Julle moet uitklim, julle moet julself vergeef

Ek weet dis dikwels die moeilikste kinders
Die moeilikste om te doen
Daai vergifnis teenoor self
Daai ek wat net nie vir ek kan vergeef

Wel kind sê ons liefste God aan Sy kinders
Julle moet dit asseblief doen
Julle moet julself vergeef
Sodat ons die mooiste pieke saam kan bereik

Dis ‘n belegging vir jou toekoms
My kind
Dis ‘n belegging vir jou toekoms
Dink so daaraan

Ek’s so jammer My kinders
So jammer dat julle voel
Julle is goed genoeg vir niks
Self laer as die grond waarop jy loop

Kind sê Daddy-God
Dit is My hartsbegeerte
Dat jy jouself sal vergeef soos Ek doen
Dat jy jouself sal omhels en liefhê soos wat Ek doen

Kinders dit baat My niks
Wel nie veel
Om hierdie goeters vir julle te sê
As julle dit nie aanneem

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders asseblief
Ek wil julle vra, kom na My
Laat My toe om met die bloed van My Seun waarde oor julle te skryf

Dit is een van die goed
Waarvan die Kruis getuig
Kinders het julle geweet
Besef julle dis die eindelose waarde wat julle dra

Ja liefste kinders
Glo My
As julle ‘n klomp niksnutte was
Het Ek nooit My Seun na hierdie aarde gestuur

Nee kinders, nee
Nooit-ooit sou dit wees
Of ooit gebeur
Nee kind glad nie ooit

Ek hoop dat dit vir jou gerusstelling gee
Kind Ek hoop dat dit vir jou hoop kom gee
Hoop dat ook jy My kind
Nogsteeds ‘n wonderlike lewe saam met My op aarde kan hê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s