'n Seer hart, Blinde oë

Neus in die lug

Kan ons oorbegin
Liefste kind asseblief
Pa vra mooi
Dis iets wat Ek so graag wil hê

Kinders asseblief
Julle moet naderkom
Julle moet kom glo Ek’s vir julle
Dit sal altyd so wees

Dit gebeur te gereeld
Kinders van die wêreld
Die wat nie glo
Dat julle My nie in julle lewens wil hê

Hoekom is dit so vra Daddy
Hoekom wil julle nie weet
Dat Ek die ewige waaragtige God is
En dat Ek alles kan doen

Kinders julle moenie bang wees
Asseblief om nader te kom
Deur My Seun se bloed kan julle gerus kom
Die voorhangsel is geskeur

Kom asseblief
Met nederigheid in julle harte
Opregtheid kinders
Wat bedoel wat hulle sê wanneer hulle sê

Kinders julle is dikwels arrogant sê Daddy
In die manier hoe julle My Troon nader
In die manier hoe julle voor My kom
Asof julle My een groot guns bewys

Kinders asseblief
Vra Daddy
Kan Ek julle vra
Om nie so te maak

Arrogansie is nie vir My mooi nie kinders
Dis eintlik vir My ‘n groot af-sit
Een wat net aanhou sê
Dat eenheid met hierdie persoon nie so maklik is

Ja-nee My liefste kinders
Sê Daddy-God
Arrogansie in ‘n huwelik, enige verhouding
Wil net nie lekker werk

Kinders sê Daddy-God
Die Amplified Bybel sê dit so mooi
Lowly in heart
Lowly in how often you think about yourself

Kinders sê Daddy-God
Liefste liefste kinders
Ek wil ook net sê
Dit gaan nie oor jou waarde nie

Dis wanneer mense op daai plek gekom het
Van ek weet net dat ek weet
Ek is spesiaal vir God
Dat niks hulle kan keer

Ja liefste kinders
Rerig dit is so
Ek wil hê dat julle sal weet
Christus bepaal my waarde, niks anders nie

Ek dink dis partymaal
Omdat mense nie hulle waarde snap
Dat hulle aanhou
Om sulke ongeskikte mense te wees

Kinders sê Daddy-God
Dis nie nodig om met so know-it-all
Neus-in-die-lug-houding
Deur die lewe te gaan

Nee liefste kinders
Ek wil julle vra
Kom net bietjie laer op julle knieë
Dat Ek bietjie nederigheid in jou kan inbou

Kind dit klink net so swaar
Sê Daddy-God
Dis nie halfpad so moeilik
Soos wat jy dit vir jouself maak

Kind sê Daddy
Die lesse wat nederigheid leer
Oe hulle is so mooi
Ek wens julle kon sien

Dis net die eie ek
Wat bietjie seer gaan hê
As julle die pad
Van ek-wil-soos-Jesus-wees begin loop

Kinders dis mos maar altyd so
Die eie ek wil altyd die laaste sê hê
Is dit nou goed
Mooi of baie lelik

Kinders Ek wil julle net vertel
Rerig
Hierdie hooghartige houdings waarmee julle dikwels kom
Dit werk nie vir My

Nee liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek sal veel eerder, baie graag wil hê
Dat julle My ken in al julle weë

Ja liefste kinders
Asseblief sê Daddy-God
Begin wonder oor hoe dit is
Om soos Jesus te wees

Kind dis mos maar al
Ek wil hê dat julle
Die gees wat in Jesus was
Ook in julleself sal wil hê

Ja My liefste kinders
Dis nie halfpad so swaar
Dis nie halfpad so moeilik
Soos wat mense dit maak

Kinders Ek wil vra
Sê Daddy-God
Wees bereid om jou eie ek neer te lê
Sodat jy Jesus se manier kan vind

Ek weet dis nie altyd maklik
Maar kinders
Dis iets wat rerig heel maklik sal gebeur
Soos wat julle My liewer kry

Ek stem kinders
Ek stem
Dis dalk die probleem
Julle is nie lief genoeg vir My

Kinders Ek wil julle vra, rerig
Om met sagter harte deur die lewe te gaan
As jou hart nie sag is as gevolg van seer
Asseblief bring dit vir My

Kinders sê Daddy-God
Ek wil die sagtheid herstel
Wat daar veronderstel is om in julle harte
Teenoor mense en die lewe te wees

Julle kry so swaar met tye sê Daddy
Ek kan sien My liefste kinders
Ek kan sien
Julle weet nie hoe om hierdie lewe met opregte kinderlike vreugde te geniet

Dis swaar né My kinders
Om daardie front
Die heeltyd voor te hou
Glo My kind baie moeiliker as om net jouself te wees

Dis omdat julle altyd vir mense wil beindruk
En nooit vir My
Kinders dit is so die probleem
Dit is wat in ons pad staan

Liefste kinders vra Daddy-God
Sal julle My toelaat om vir julle te vertel
Dat julle saam met My
Dood vir menslike opinie kan wees

Sien kinders
Dis baie dikwels die probleem
Julle gee baie meer om oor wat mense van julle dink
As wat julle dink aan wat Ek te sê het

Oe kinders
Sê Daddy-God
Die kettings van mense beindruk
Dis nie baie gesonde kettings daai

Dis asof Satan julle daarmee
In ‘n rat van nêrens-heen-beweeg kry
Julle is so so besorg om mense te beindruk
Dat julle nooit eintlik veel aan My dink

Kind sê Daddy-God
Liefste liefste kind
Ek wil jou vra om te onthou
Dat Ek baie meer waardig is

Begin dit jou lewensmissie maak kind
Om My met alles in jou na te spoor
Kind die vrede van ek-behoort
Laat dit toe om jou wese te vul

Kind dit is wat sal gebeur
As julle My
Net die hoogste prioriteit
In julle lewens maak

Kinders
Ek, eerste
Asseblief altyd
Dit is hoe dinge gesond bly werk

Ja-nee My liefste kind
Dogter, seun van My hart
Daddy wil jou vra
Kom kruip dieper by My weg

Dis iets was so moeilik is
Sê Daddy-God
Vir die harde hooghartige hart om reg te kry
Want hy weet net nie hoe om die knieg te buig

Kinders asseblief vra Daddy-God
Wees sag
Wees sag asseblief
Altyd bereid om van My te leer

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s