Blinde oë, Liefde so groot

Slinkse slang

Die waarde wat elkeen van My kinders
In My oë dra
Kinders dis so groot
Ek wens julle kon sien

Dis soos ongeslypte diamante
Sê Daddy-God
Dis wat Ek sien as Ek vir julle kyk
Diamante wat saam met My nog meer kan blink

Ja My liefste kind
Dogter, seun van My hart
Dis wat Daddy sien as Ek jou sien
‘n Kind so mooi, ‘n kind baie kosbaar

Ek wil julle in My liefde laat groei
Sê Daddy-God
Elke dag ‘n bietjie meer
En dan nog ‘n bietjie meer

Ek wil elkeen van My kinders
So graag herstel
Herstel soos wat dit was in die Tuin van Eden
Herstel soos wat dit was voor die sondeval

Julle was daai tyd
So gesond in My liefde vir julle
Julle kon net nie genoeg
Van My kry

Maar toe
Iewers
Sien Satan ‘n opening in die deur
En toe vat hy hom

Hy het julle laat begin twyfel
In My liefde vir julle
Sê Daddy-God
Dit is wat hy tot en met vandag nogsteeds doen

Ja sê Daddy
Ja
Hy het net begin om twyfel te saai
Met die vrae wat hy vra

Kinders dis hoekom dit so gevaarlik is
Selfs tot en met vandag
Om hom kans te gee
Om insae te lewer in jou lewe

Kind sê Daddy
Asseblief
Julle moet hom nie meer toelaat
Hy is besig om lekker marakkas te maak

Nee liefste kinders
Asseblief
Dis maar altyd-altyd beter
Om horende doof vir sy stories te bly

Julle moet dit nooit toelaat kinders
Om toegang tot julle harte te verkry
Dit is waar dit rerig
Begin gevaarlik raak

Dit is waar en wanneer julle begin dink
Dat Ek uithou op julle
Dat Ek nie waarlik so eerlik en opreg
In My intensies met julle is

Hy het dit wragtie waar reggekry
Om julle in My goedheid
Te laat twyfel
En dit is wat hy tot en met vandag nog doen

Dis vir My hartseer
Sê Daddy-God
Want Ek sien al die aannames oor My
En so baie van dit is nie waar

Dis vir My ‘n diep hartseer saak My kind
Dis vir My ‘n diep hartseer saak
Dat die God van hemel en aarde Homself moet verdedig
Teenoor Sy aardse kinners wie Hy opreg en so eerlik liefhet

Kinders dis so nie vir My lekker
Om vandag nog oor julle heen te kyk
En te sien daar is soveel van julle
Wat My goedheid steeds in vertwyfeling trek

Dis hoekom ons nie meer daar is nie kinders
Dis hoekom ons nie meer daar is nie
Die Paradys wag nou
Vir die wat My goedheid nie in twyfel trek

Nie omdat hulle moet nie kinders
Nee omdat hulle toegelaat het
Dat Ek hulle geloof in My gebruik
Om hulle weer op die plek te kry van perfekte liefde en trou

Sien kinders sê Daddy-God
Dis mos maar wat die ewigheid is
‘n Keuse tussen die plek van vergetelheid
En ‘n plek waar net als wat mooi is heers

Kinders dis die keuse
Altyd
Altyd, altyd
Ek wil dit graag vir julle sê

Ek stuur niemand na die verderf
Kinders
Dis iets wat julle self kies
Wanneer julle julle rug op My draai

Kinders julle hoef My nie te glo
Maar dit is so
Ek is die ewige waaragtige God
Die Een wat nou waarheid praat

Julle hoef nie kinders
Julle hoef nie aan te hou
Om als wat sleg is van My te glo
Ons kan oorbegin

Ja liefste kinders
Oor soos in oor
Kom ons begrawe die verlede
Kom ons vergeet wat het gebeur

Dis My hart vir julle en My
Eenheid
Ware, ware eenheid
Wat ons altwee se harte so baie bly maak

Ek is altyd goed kinders
Altyd en altyd en altyd
Mense wat dit nog nie weet of glo
Asseblief kom vind die waarheid van wat Ek nou praat

Dis tyd dat ons oorbegin
Vra Abba-Vader
Dis ‘n gulde geleentheid wat Ek julle nou bied
Om ja te sê

Kom vind kind
Kom vind vra Pappa
Kom vind
Dit waaroor Ek nou hier praat

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Slinkse slang”

  1. Diamante wat saam met my nog meer kan blink – baie mooi. Die media se boodskap fokus slegs op die individu se blink. Sonder die son kan die maan nie skyn nie.
    Sonder die Seun vervaag menskind se blink baie vinnig

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s