Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Vêr-by-kerk-verby!

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek wil julle nader nooi
Kom klim asseblief in My hart

Daddy se kinders
Myne
Julle moet nooit bang wees
Om nader aan My te beweeg

Kinders
Ek wil My hart so graag
Dieper vir julle oopbreek
Ek wil julle meer vertel wat daarbinne lê

Julle is so bang kinders
So bang om nader te kom
Kind asseblief
Dit hoef nie so te bly

Ek wil al daai vrees kom afstroop
Met My warm kosbare liefde
Ek wil brûe bou
Dat ons in als een kan wees

Ek weet dis dikwels moeilik
My liefste kinders
Om dieper intimiteit met My te verstaan
Want daar’s so min van julle wat dit waarlik ken

Ja-nee My liefste kinders
Baie van julle is so tevrede
So tevrede om Sondae
Tussen kerkbanke te bly sit

Kind
Dis nie dat Ek dit nie waardeer
Ek sien daai opoffering van liefde
Elke keer as jy kerk toe gaan

Kind
Ek wil net vandag vir jou kom sê
Daar’s meer
En jy moenie nee dankie daarvoor sê

Daar’s baie van julle wat hierdie term
Nie lekker verstaan
Wat bedoel hulle met meer?
Wat bedoel hulle met dieper?

Daddy-God se kinders, Myne
Ek wil vandag vir julle vertel
Dis iets so mooi
Dis waar julle My kom ontdek!

Ja liefste kinders, ja
Soveel meer van Myself
Wil Ek aan julle openbaar
Dit is waaroor hierdie dieper en meer gaan

Julle wonder partykeer
Sê Daddy-God
Baie dikwels inteendeel
Maar weet ek nie alreeds genoeg van God

Nee kind, nee
Daar’s nie ‘n manier
Ek praat nie van teologiese kennis nie liefste kind
Ek praat van jou Pappa-God se hart ontdek

Het jy al saam met My gehuil
Oor iets wat My hart soos totally breek
Het jy al gevoel hoe dit is
As Ek ‘n goeie grappie te hore kry?

So min van julle
My liefste kinders
Ken My op die manier
En dit is wat Ek so graag aan julle wil gee

Dieper en meer
My liefste kinders
Is die pad
Waar jy jou God se hart kom ontdek

Soveel van julle is bang
Kinders
Julle is bang om te kom verken
Hoe Ek van binne in My hart uitsien

Kinders sê Daddy-God
Myne
Ek wil so graag hê julle moet kom uitvind
Dat Ek niks is soos die wêreld vir jou sê

Eks soveel groter en mooier
My liefste kind
Soveel groter en mooier
As wat jy ooit sal kan dink

Het julle al die uitspansel
Se presiese grootte gemeet
Weet julle presies
Hoe massief die heelal is?

My kinders
Net so met My
Daar is skatte in My hart
Wat geen mens wat al ooit geleef het nog gevind het nie

Kinders
Die waarheid en wysheid in My hart
Dis ondeurgrondelik diep
Wil julle nie meer kom opspoor? 😉

Sien kinders
Sien
Dis die meer waarvan Ek praat
Dis die dieper 😉

Al wat Ek eintlik probeer sê is dit
My liefste kinders
Julle kan nooit ophou
Om die skatte in My hart na te spoor

Ek wil met julle gesels My kinders
Ek wil saam met julle lag
Ek wil so graag welkom voel
Met elke tree wat julle op aarde gee

Kinders dis maar Ek sê Daddy-God
Dis My hart
Ek wil julle vertel
Van die drome wat My hart vollê

Kinders kan julle sien
Sê Daddy-God
Kan julle sien
Dis vêr by die grense van net kerk-bywoon verby

Kinders dis My
In elke oomblik van jou lewe hier op aarde ken
Dis My jou alles
Ek ten volle verheerlik in jou

Dis My hartsbegeerte
Seun en dogter van My hart
Ek wil so graag hê
Ons moet in alles waarlik een wees

Kinders dit gebeur so maklik
Sê Daddy-God
Dat mense dink
Hulle het nou alles wat hulle oor My kon vind uitgevind

Kinders sê Daddy
Laat Ek sommer nou vir julle vertel
Dit sal nooit-ooit so wees
Dit kan nie so wees

My mooi-wees
Liefste kinders
Gaan julle nog ‘n ewigheid nadat julle in die hemel uitkom
Totaal en al verstom

Kinders sê Daddy
Liefste-liefste kinders
Julle sal nooit ooit moeg kan raak vir My goedheid nie
Die probleem is net daar is so min van julle wat kom vra daarna

Ja-nee My liefste kinders
Altyd bly julle maar tevrede
Met dit wat julle van My weet
Met dit wat julle geleer is

Asseblief kinders
Daddy wil julle vra, moet dit nie meer doen
Asseblief liefste kinders
Kom vra vir meer, kom vra vir dieper

Ek is soveel groter
Soveel groter as wat hierdie wêreld dink
Kinders dink hieroor
Alwysheid het sy bestaan in My

Oe hoe mooi is dit
Liefste kinders van Abba-God
Om in ‘n Koning te glo
Wat niemand uit kan verklaar

Oe Abba-God
U bestaan is vir ons soveel werd, soveel
Sonder U was daar net nooit
‘n Begin

U liefste Abba-God
Is die Een wat my hart so bly maak
U is die Een sonder wie ek nie
Ooit op aarde wil wees

U is die Een
Abba-God wat in my hart woon
Ook die Een wat die heelal se uitspansel
Nog nie kan meet

Hoe groot is U Daddy
Hoe groot is U
U maak my hart so baie bly
U gee hom soveel hoop!

Van hoop is U waarlik aanmekaar gesit
Daddy-God daar is net nie ‘n mooier een
U is liefde
U is hoop!

Oe kinders van Abba-God
As dit nie vuurwerke van hoop
In julle harte laat afgaan
Dan weet ek nie lekker nie

Wanneer laas was jy bly vriend, vriendin
Boeties en sussies
Oor wie God is
En nie net oor wat Hy vir jou doen

Kinders sê Daddy-God
Dis wanneer My kinders op daardie plek kom
Dat Ek weet hulle geloof in My is eg
So eg soos wat kan kom

Daar’s te veel van My kinders
Sê Daddy-God
Wat My net wil ken oor wat Ek vir hulle kan doen
Hulle gee nie eers om om wie Ek binne-in is te leer ken

Hulle weet nie wie Ek is nie
Sê Daddy-God
Hulle ken My nie rerig nie
En die belangstelling om meer van My te vind is so min

Kinders sê Daddy-God
Ek wil hê julle moet My hart vind
Ek wil hê julle moet weet
Wie Ek is binne-in

Kinders sê Daddy-God
Is dit nie ook vir julle die lekkerste ding
In aardse verhoudinge nie
Dat jy met party mense net so jouself kan wees

Daddy se kinders, My kinders
Dis vir My so groot lekkerte
Wanneer mense My ook bemin
Soos wat Ek hulle bemin

Dis die lekkerste lekker
Sê Daddy-God
Die lekkerste lekker
Om mense soos dit in My lewe te hê

Mense wat altyd bly sê
Abba-God ons wil meer van U hê
Meer, soveel meer
Daddy se kind sal jy een van hulle wees?

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s