Liefde so groot, Nuwe hoop

Harte wat pyn

Gebroke harte
Wat die wêreld vollê
Dit maak My hart seer
Ek wonder of julle dit weet

Dis nie vir My lekker
Dis so nie vir My lekker
Kinders wanneer Ek oor die aarde kyk en sien
Mense se harte wat pyn

Kinders het julle geweet
Sê Daddy-God
Het julle al gehoor
Ek gee so baie om

Ek gee so baie om
Kind van die wêreld
Kind van God
Om daai pyn te verlig

Ek gee om liefste kinders
Ek gee om, om dit beter te maak
Daai seer wat jou maak sê
Ek kan dit net nie meer langer dra

Ek kan dit nie meer doen
Kinders sê Daddy-God
Dit is die kreune
Wat Ek hoor julle harte verlaat

Ek kan nie meer nie
Ek kan nie meer nie
Ek wil nie meer nie sê Daddy-Gd
Dis wat julle bly sê

Kind dis te swaar vir jou
Sê Daddy-God
Dis te swaar
Kind jou liefste Pappa kan sien

Vir van julle is Ek
Nog nie ‘n Pappa nie
Sê Abba-God
Van julle ken My nog nie so

Dalk is dit tyd
Sê Daddy-God
Dat jy My so kom leer ken
As die beste Pappa wat ooit in hierdie wêreld kan bestaan

Kind dis Ek
Sê Daddy-God
Dit is wie Ek is
En dit is wie Ek sooo graag vir jou wil wees

Kind kan Ek jou aanmoedig
Sê Daddy-God
Asseblief-asseblief
Kom nog bietjie nader aan My

Julle woorde is so min
Sê Daddy-God
Ek kan sien
Julle woorde is min, julle het so seer

Dit is asof van julle sê Daddy-God
Wel baie van julle
Net die lus verloor het om te lewe
Julle dink regtig julle kan nie meer aangaan

Kinders sê Daddy-God
Ek wil net vir julle ‘n reuse stuk hoop kom gee
Daddy wil net vir julle kom sê
Ek kan steeds jou las ligter maak

Ja liefste kinders
Sê Abba-God
Het julle geweet
Ek kan alles, alles beter maak

Julle hoef nooit-ooit bang te wees kinders
Dat enige iets van hierdie wêreld
My gaan onderkry
Dit sal nooit so wees

Ek wou maar net sê
Sê Daddy-God
Dit kan heel laaste op julle bekommer-lysie wees
Dis rerig die minste waaroor julle julle moet bekommer

Daddy se kinders
Kinders van die wêreld
Hoor My asseblief
Ek gee so baie om

Ek het altyd liefste kinders
Altyd die vermoë
Om alle seer en pyn
Beter te maak

Kinders nie net verlig
Soos aardse medikasie nie
Nee liefste kinders
Die vermoë van heeltemal-gesond-maak

Kinders dit is daardie hoop
Wat Ek vandag in julle harte wil kom plaas
Daddy wil kom sê kind Ek gee om vir jou
En omdat Ek omgee is daar steeds hoop vir jou

Ja liefste kinders
Sê Abba-God
Ja liefste kinders
Daar is steeds hoop vir jou

Geen niks is ooit te donker vir My
Geen niks kind kan ooit
My vermoë om iets daaraan te doen
Om dit te verbeter om-vêr-gooi

Nee kinders
Sê Daddy
Dis maar wie Ek is
Dis maar wat Ek doen

Ek wil julle wel vra
Sê Abba-God
Om julle laste
By My voete te kom neerlê

Kinders sê Daddy-God
Dit is die vereiste
Vir My om dit beter te kan maak
Moet jy dit asseblief vir My bring

Asseblief liewe Daddy se kind
Asseblief
Kind van die wêreld jy ook
Asseblief moenie so swaar aan daai laste van jou dra

Liefste kind sê Abba-God
Ek gee so baie om
Ek gee so baie om
Ek wil dit net graag vir jou sê

Kind het jy geweet
Sê Abba-God
Dat Ek in jou glo
Soveel-soveel meer as wat jy in jouself glo

Kind asseblief sê Daddy-God
Moenie na jou eie vermoë kyk
Kyk na Myne sê Abba-God
Asseblief kyk na Myne

Ek is veel-veel sterker as jy
Liefste kind
Dit is hoekom Daddy vra
Soveel sterker as jy

Bring My jou laste liewe dogter
Seun bring My asseblief jou swaar
Begin jou hart deel kind
Begin om als vir My te gee

Ek wil dit net weer sê
Sê Abba-God
Ek wil sê dat Ek omgee
Ek wil sê dat Ek rerig alles vir jou kan beter maak

Ek het net nodig dat jy glo
Liefste kind
Seun, dogter
Asseblief glo

Asseblief glo dat Ek
Dinge vir jou kan beter maak
Glo dat Ek wil liefste seun en dogter
Glo dat Ek hier vir jou is

Ek het gesê
My liefste kind
Seun, dogter
Ek gee om

Ek sal dit weer sê
Kind
Oor en oor
Totdat dit baie diep in jou hart ‘n huisie bou

Kinders
Daar’s te veel van julle
Sê Daddy
Te veel wat glo dat Ek Myself nie met die wêreld se seer ophou

Oe nee sê Daddy-God
Julle glo veel eerder
Dat Ek die oorsaak is
As wat julle glo dat Ek dit beter wil maak

Liefste dogter sê Daddy-God
Liefste seun
Ek is nie die oorsprong van jou pyn nie
Ek wil dit net graag vir jou sê

Kind asseblief sê Daddy
Kom vertrou My net
Kom gee My net ‘n kans asseblief
Om Myself te bewys

Julle glo nie sê Daddy
Ek kan sien
Kinders julle glo nie
Dat Ek dit rerig kan beter maak

Kind
Ek wil net vir jou sê
Ek kan nie net onmiddelike verligting bring
Ek kan ook permanente genesing gee

Ja-nee liefste kinders sê Abba
Ek kan jou pyn so so sag maak My kind
Jy sal rerig wonder
Was dit ooit daar?

Nou voel dit vir jou onmoontlik
Kind Ek kan sien
Maar as jy net sou glo
Sou jy sien wat kan gebeur

Ek’s altyd besig sê Abba
Altyd-altyd besig
Om mense se pyn te verlig
Om nuwe hoop te bring

Ek hoop liefste kinders
Dat julle dit in hierdie briefie raaklees
Die hoop wat Ek so graag
Met julle wil deel

Dis omdat Ek sien
Liefste kinders
Dis omdat Ek weet
Julle dit so nodig het

Ek hou julle vas
Liefste kinders
Ek hou julle styf-styf vas
Abba wil dit net graag vir julle sê

My liefde is genoeg
Vir jou seer
My kind
My omgee ook

Oe Ek gee om sê Abba
So so baie
Kind sal jy dit asseblief kom glo?
Jou laste een en almal vir My kom gee

Ek kan dit soveel beter maak
Kind jy sal dit skaars kan glo
Skaars kind
Baie baie skaars

Soos ‘n voëltjie wat wegvlieg
Kind
Dis hoe lig
Ek die swaarste las kan maak

Dis maar My vermoë kind
Dit waarvan Ek gepraat het
Dit is wie Ek is
Dit is kind wat Ek kan doen

Sal jy jou laste vir My bring
Kind groot asseblief
Ek wil nie weer vra
Sonder dat jy … sê ja

Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Harte wat pyn”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s