'n Seer hart, Blinde oë

Meer as mossies

Bring My jou hart
Liefste kind
Ek sien die swaar
Ek wil dit so graag vir jou beter maak

Jy dink nie Ek kan nie
Jy dink nie Ek wil graag
Kind Ek wens jy kon sien
Die groot begeerte in My hart

Om te herstel
Om jou weer hoop vir die toekoms te gee
Oe kind Ek wens
Ek wens jy kon sien

Dis baie kere
Sê Daddy-God
Dat mense nie besef
Ek is in die besigheid van weer-opbou

Oe ja-nee
Gereeld gebeur dit liefste kinders
Dat mense op My opgee
Omdat hulle dink Ek is ook die een wat afbreek

Oe ja-nee
Sê Daddy
Ek verstaan dit ook nie verskriklik goed nie
Ek wil eintlik net sê dis wat op aarde gebeur

Ek wens mense kon sien
Sê Daddy-God
Ek wens hulle wou glo
Dat Ek en Pyn nie ewige vennote is

Oe kinders
Sê Daddy-God
So gereeld dat dit gebeur
Dat julle opgee op My as iets slegs gebeur

Ek wens so hierdie wêreld wou besef
Rerig-erig
Dat Ek net goed is
En die vyand baie sleg

Hoekom vertel julle nie eerder vir die wêreld se mense
Die waarheid oor My?
Kinders Ek kry die skuld vir alles
Ek wens julle kon sien

Ja-nee
God is in beheer
Dit was ‘n Gods-besluit
Al verstaan ons nie een

Kinders
Daar is regtig tye wat julle gaan moet bly glo
Ek is goed
Selfs al wil die wêreld teendeel bewys

Oe kinders sê Abba
Oe kinders
Dit gebeur so gereeld
Dat mense verkeerd oor My glo

Mense ken My nie
Sê Abba
En hulle wil My ook nie vind
Dis hoekom hulle aanhou om die verkeerd op My te pak

Sien sê Daddy
Dis goed
Dit gebeur maklik
Wanneer julle verkeerd oor My glo

Ek wil so graag hê liefste kinders
Ons moet die saak uitmaak
Vir nou
Vir altyd

Ek’s so goed
My kinders
Ek’s net goed
Glo dit asseblief gerus

Daar’s te veel kere
Sê Daddy
Wat die vyand steel
En Ek die skuld daarvoor kry

Hoekom begin julle nie ‘n bietjie om hom te blameer
Liefste kinders
Hoekom besef en besin julle nie ook ‘n bietjie
God is net goed

Oe sê Daddy-God
As die waarheid van hierdie woorde
Net ‘n bietjie meer welkom was
In die harte van mense

Oe kinders sê Abba-God
Oe kinders
Ek kry die skuld vir soveel dinge
Dis nie meer vir My lekker om als aan te hoor

Vir al die verkeerd wat die wêreld vollê
Kry Ek die skuld
Dis nooit die vyand nie
Ook sal jy nie skuld bely

Oe God se kinders
Wêreld se kinders
Julle moet begin besef
Dis nie God wat steel, slag en verwoes

Alles sê Daddy
Alles wat met hierdie woorde oplyn
Moet julle weet
Is nie Ek

Hoekom
Hoekom
Hoekom sê Daddy-God
Is dit so moeilik vir mense om te glo

Julle moet asseblief begin
Sê Daddy-God
Om My heelagter in die ry van blaam te sit
Kinders dis nie wie Ek is

Ek vind sê Daddy-God
Dat mense wat My waarlik ken
Dit moeiliker vind
Om die leuens oor My te glo

Dis omdat hulle so duidelik weet
Dis omdat hulle so duidelik besef
Dis nie my God
Van wie hulle praat

Oe kinders sê Abba-God
Julle wat altyd so so vinnig is
Om die blaam op My te plaas
Moet dit asseblief nie meer doen

Ek sal veel eerder
Liefste kinders
Wil hê dat julle die waarheid oor My
Sal begin glo

Julle is so verkeerd
Liewe wêreld
So verkeerd
Ek wens julle wou dit begin besef

Elke liewe leuen sê Daddy-God
Wat die wêreld julle oor My vertel
Slurp julle altyd so gou op
By van julle is dit altyd let’s-find-the-dirt-on-God-dag

Oe kinders
Sê Daddy-God
Julle glo verkeerd
Julle glo verkeerd oor My

Julle sê Daddy-God
Julle wat altyd mondvolle sleg oor My te sê het
Kan Ek julle vra
Om dit asseblief nie meer te doen

Julle verkleineer en beskuldig My
So gereeld
Sê Daddy-God
Tog wil julle binnestes net nie beter voel

Oe kinders sê Abba, oe kinders
Daai swartgalligheid in jou hart wil Ek so graag vervang
Met ewigdurende hoop
Ewigdurende vreugde wat aanhou sing

Julle is so so verkeerd
Oor My
Sê Abba
Almal van julle wat My so baie blameer

Vir alles
Sê Daddy
Vir alles
Kry Ek altyd die skuld

Ek is of te goed
Of Ek is te sleg
Ek weet nie meer sê Abba
Vir van julle sal niemand ooit tevrede kan stel

Ja dis dus maar ‘n goeie ding
Sê Abba
Dat Ek nie aldag
Volgens julle pype dans

Ja-nee kyk kind
Dis ‘n baie goeie ding
Rotsvaste God
Dit is beslis wie Ek is

Ek word nie heen en weer geslinger
Deur mense se opinies oor My
Ek weet wie Ek in My binneste is
Ek ken die waarde wat Ek dra

Dis mos maar dikwels
Sê Daddy-God
Wat ook gebeur
Met kinders van My wat in die wêreld is

Mense is tog so geneig
Sê Daddy-God
Om in te wees by mense
Maar uit by My

En die meeste is
Sê Daddy-God
Dat van hulle
Nie eers omgee daaroor

Oe kinders sê Abba-God
Oe kinders
Ek vra julle so gereeld
Doen asseblief wat Ek vra

Julle is soveel meer gepla
Oor mense se opinies van julle
Dat julle glad nie eers meer
Na Myne vra

Kinders sê Daddy
Hoe kan julle so verkeerd maak
Ek wil vra
Dat dit asseblief nie meer so sal wees

Begin My in vertroue neem
Liefste kinders
Asseblief liefste kinders
Begin My vertel wat in julle harte lê

Dis baie kere
Sê Daddy-God
Dat julle skaamkry oor wie julle is
Dat julle so voorgee

Kinders
Ek wil julle waarlik vry maak
Ek wil dat mense se opinies
Julle glad nie meer sal pla

Kinders Ek weet
Sê Daddy-God
Dit klink vir julle vreemd
Julle wonder kan dit ooit gebeur?

Kinders dit kan
Sê Daddy-God
Dit kan waarlik
So wees

Al hoe dit gebeur
Liefste kinders
Is as julle in die vryheid inbeweeg
Wat Ek julle gegee het in My Seun

Oe kinders sê Abba
Oe kinders
Ek wil julle vertel
Daar’s soveel meer vryheid in My te vind

Julle moet wag
Sê Daddy-God
Julle moet wag
Want die beste kom nog

Julle sê mos gereeld vir mekaar
Sê Daddy-God
Hier gaan dit nog lekker raak
Laat ons langer kuier

Ek wil vra My liefste kinders
Kinders van die wêreld
Sal julle asseblief meer en meer tyd
In My teenwoordigheid kom deurbring

Ek verlang na julle
Liefste seun
Liefste dogter
Daar’s ‘n verlange in My hart wat net jy kan vul

Ja liefste kind
Ja
Net jy
Net soos jy is

Julle moet asseblief ophou om te wens
Dat julle soos iemand anders was
Kind net soos jy is
Is jou waarde oorgenoeg vir My

Oe dit bly mooi
Sê Abba
So so mooi
Om julle diep in My hart te hê

Kinders dis vir My waardevol
Dis vir My diep
Jy in My hart
Oe so baie kosbaar

Ek verlang
Ek verlang so baie
Na die kinders van My
Wat nog buite My huis ronddwaal

Oe kinders sê Abba-God
Julle
Julle wat so verlore en verdwaal voel
Kom asseblief terug na My

Ek wonder sê Abba-God
Ek wonder
Wanneer gaan dit wees
Wanneer gaan My kind terugkeer

Ja sê Abba-God
Ja
Net soos julle kinders
Wat wil hê dinge moet op julle tyd gebeur

Ons kry nie altyd ons sin nie né
Né kinders
Dit is so
Ek wou net sê Ek verstaan so goed daai gevoel

Julle het baie kere soveel vrae in julle harte
Sê Pappa-God
Vrae wat dit moeilik maak
Om My waarlik te vertrou

Kinders Ek wil julle vra
Sê Pappa-God
Asseblief moenie baie vrae vra nie
Veral nie wanneer dit sleg gaan

Kinders sê Daddy-God
Die twyfel wat Satan in julle harte
Met daardie vrae plant
Kinders dis so baie gevaarlik

Julle moet in donker tye liefste kinders
My Woord bly vashou
Daaraan vasklou
Asof dit julle enigste behoud is

Kinders sê Daddy-God
In baie gevalle is dit
Dit raak julle lewensanker
Wat julle teen die rotse van die lewe beskerm

Oe kinders
Sê Abba-God
Dis so belangrik vir julle
So belangrik om in My liefde vir julle geanker te word

Dis waar My beloftes in die Woord
Soveel waarde vir julle begin kry
Want julle besef
Dis of dit is waar of ek gaan dit nie maak

Sien kinders sê Abba-God
Sien
Ek wil so graag hê
Dat julle dit sal begin sien

Julle waarde lê dieper liefste kinders
Dit lê so baie diep
Ek wou julle maar net vertel
Wat in My hart vir julle lê

Julle vertel so-so gereeld vir mense
God is groot
God is goed
Maar julle glo dit self so baie min

Kinders Ek wil julle vra
Regtig
Laat toe dat hierdie twee stellings
Julle lewensrigting bepaal

Julle kan nie verdwaal kinders
Nie as julle dit bly glo
Nee dit kan nooit gebeur
Wie Ek is kan nie wankel nie

Oe Ek nooi julle soveel nader
Soveel nader aan My
Ek wonder
Wie sal sê ja?

Geluk-groot kind
Sal elke dag meer en meer
In jou hart begin woon
Sou jy waarlik instem

Ja-nee liefste kind
Ja-nee
Moet asseblief nie net godsdiens speel
As daar soveel meer in My te vinde is

Kinders julle is meer werd
Meer werd as baie mossies
Dit is wat My Woord bly sê
Sal jy dit asseblief bly glo

Sal jy toelaat kind
Dat My woorde jou waarde bepaal
En nie wat mense se opinies
Van jou sê?

Kind Ek weet sê Daddy-God
Ek weet
Dis swaar om vry te raak van mense se opinies
Maar Ek sal julle leer

Julle waarde is diep kinders
Waarlik-waarlik diep
Sal julle kom ja sê daavoor
My elke dag net nog ‘n bietjie meer in jou hart innooi

Die waarde kinders
Die waarde wat elkeen van julle dra
Dis ontelbaar diep
So diep soos die diepste see

Kom kinders
Kom asseblief
Kom vind julle geluk en vreugde in My
Die ewige God

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s