Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Prag-God

Die waarde wat elkeen van ons
In God se hart dra
Oe dit is so baie diep
Ek dink nie eers ek besef dit aldag baie lekker nie

Kinders sê Abba
Kinders
Ek stem saam
Dit is waarlik diep

Daar’s baie van My kinders
Sê Abba-God
Wat glad nie hulle waarde in My
Ken of verstaan

Dis vir My hartseer sê Abba
Baie hartseer
Want van hulle is ook nie oop daarvoor
Vir My om hulle meer te leer

Oe kinders sê Abba-God
Oe kinders
Ek wil hê julle moet verstaan
Ek ken julle elkeen beter as wat julle julself ooit sal ken

Begin om aan daai een te kou 😉
Asseblief kinders
Asseblief
Dit is so baie waar

Ek en My beloftes
Is en bly vir baie mense
Net mooi woorde sê Abba
Niks ooit meer

Oe kinders sê Pappa-God
Ek is baie meer
As ‘n pragtige storieboek
Ek is die krag en lewe van alles wat bestaan

Oe sê Daddy-God se Seun
Julle het seker al in die Bybel gelees
Ek is die Een
In en deur wie ALLES stand hou

Kinders sê Abba
Kinders
My hart is so diep
En Ek is baie meer as net leë woorde

Ek wens elke mens kon besef
Rerig Vader-God
Die diep betekenis
Wat U hierdie wêreld bied

Ja liefste kind
Sê Pappa-God
Dit is so
Dis Ek wat aan alles waarde en betekenis gee

Sonder My
Liefste kinders
Sou dit nie die moeite werd wees
Om hier op aarde te wees

Ek wil hê liefste kinders
Julle moet die dieper waarde in My kom vind
Wie julle is
En hoekom is julle hier

Oe kinders
Sê Abba-God
Dis sulke vrae
Wat julle by die ware betekenis van lewe uitbring

Kinders sê Daddy-God
Kinders
Begin soek na My, asseblief
Nog dieper, nog meer

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
Soek-sonder-stop
Dit moet julle leuse wees wanneer dit by My kom

My hart is diep kinders
Onuitgeput die skatte
Wat daar binne versteek lê
Hulle wil graag wegkruipertjie speel

Van hulle sê al baie lank
Kom soek my!
Kom soek my!
O nee griet wanneer kom jy?

Kind sê Abba
Kind
Asseblief
Kom soek na die skatte wat wegkruip

Kinders
Dis nie sulke harde werk
Nee nie soos wat julle dit dikwels maak
Dis eintlik baie pret!

Kinders
Kom sê Pappa-God
Kom asseblief gereeld
Kom vra My, Daddy meer

Oe sê Daddy-God
Die wonder wat wag op harte
Bereid om dit te bid
Julle liefde vir My is so kosbaar

Dankie liefste God
Dankie
Vir waarde diep
Wat ons in U kan vind

Ek wil nog meer hê Jesus
Abba nog vele meer van U
Ek wil elke skat ontdek
Wat U vir my lewenspad op aarde weggesteek het

Al die waarde kinders
Al die waarde
Waarna julle verlang
Dit is in My te vind

Dankie liefste kinders
Sê Abba-God
Dat julle julle waarde in My kom vind
Dat julle nie ophou daarmee

Van julle is al so genees
Sê Abba-God
So genees in My liefde vir julle
Dit is vir My kind die kosbaarste skat

Ja kind
Ja sê liefste Pappa-God
Daar is vir My geen groter vreugde as jy wat weet
Ek is geliefde kind van God

Dit is die pad
Sê Abba-God
Waarop baie mense tans loop
Daai wonderpad van sjoe God het my waarlik so baie lief

Dis goed vir die hart
Né My kind
Ja Daddy weet
Daar’s sekere dinge wat Ek presies weet hoe om te doen 😉

Dis vir My lekker
Sê Abba-God
Om met julle te lag en skerts
Dis ‘n deel van My wat nie baie mense ken

Oe ja-nee die wêreld dink te gereeld
Ek is stroef in al My weë
Kan nie eers ‘n glimlag
Op My gesig plak

Oe kinders
Sê Pappa-God
Ek is nogals self
‘n Terg-gees van note

Ek hou daarvan sê Pappa
Om nou en dan julle siel uit te trek
Ek hou daarvan om partykeer
‘n Rooi haas uit die hoed te trek

Oe ja Ek weet
Sê Daddy-God
Ek weet
Baie mense wat My nie so ken

Ek weet sê Daddy-God
Ek kan sien
Jy lees hierdie woorde nou so en dink
Sjo maar hulle kan die pap lekker dik aanmaak

Oe kinders sê Pappa-God
Oe kinders
Ek is waarlik-waarlik mooi
Wanneer gaan julle dit besef?

Dis rerig nie nodig sê Pappa-God
Om so hard teen die waarheid te stry
Kind aanvaar dit asseblief
Julle Pappa in die hemel is absoluut wonderlik

Absoluut wonderlik kinders
Sonder enige iets wat My reputasie opblaas
Nee kind
Dit is eenvoudig net wie Ek is

Julle wonder te veel kere daaroor
Sê Pappa-God
Julle wonder
Te veel kere daaroor

Julle liefde vir My
Is nog nie diep genoeg nie kinders
Dis maar al hoekom julle nog nie
Die ware goud in My ontdek het nie

Mense wat My soek
Hulle vind My altyd
En kinders Ek’s nie bang om Myself
Aan die wie My waarlik liefhet te ontbloot

Ja liefste kinders
Dit is so
Daar is diep voorregte wat party van My kinders geniet
Omdat hulle al ‘n diep pad van oorgawe aan My geloop het

Dis vir My so lekker sê Pappa-God
Dis vir My so lekker
Om My diepste hartsgeheime met hulle te deel
Want Ek weet Ek kan hulle vertrou

Oe kind sê Daddy
Wil nie ook jy
Groot asseblief
‘n Vertroueling van My hart word?

Die deur staan oop vir almal
Liefste kinders
Almal wat bereid sal wees om te sê
Ek gaan deurloop

Kind daar’s geen einde
Geen einde aan wie Ek is
Ek wil asseblief hê jy moet dit besef
Saam met die groot heelal

Ja-nee liefste kinders
Ja-nee
Hierdie wêreld weet
Hulle weet God het hulle geskep

Kinders sê Daddy-God
Net omdat julle dit nog nie weet
Net omdat julle dit nog nie besef
Beteken nie dit is nie so

Nee-wat sê Daddy
Nee-wat
Ek bekommer My die minste daaroor
My skepping weet, hulle ken hulle Skepper so goed

Dis vir My wie hulle sing
Dis voor My vir wie hulle buig
Is dit nou die voëls van die veld
Of die koringare wat die wind skuins waai

Oe sê Daddy-God
Oe
Konstant is die wêreld se natuur
Besig om lof-offers vir My te bring

Ek geniet hulle sang so baie
Ek verlustig Myself in die wete
Hulle erken, hulle weet
Ek is God

Kinders dis iets waarmee baie van julle sukkel
Dis hartseer maar dis waar
Ek kan van vele van julle
Nie dieselfde sê

Mense sê Daddy-God
Mensekinders
Is pretty much die enigste van My skepping
Wat nie altyd voor My wil buig

Oe kinders sê Daddy-God
Oe kinders
Dis dalk tyd dat julle
By die natuur om julle gaan leer

Julle luister na te veel stories
Kinders
Wanneer dit by die Skeppingstorie kom
Julle is verkeerd

So verkeerd
Sê Abba-God
So verkeerd
Ek wil dit net graag weer vir julle sê

Daar’s ‘n God daarbo kinders
Wat julle so baie liefhet
Julle moet Hom begin vertrou
Om julle meer te leer

Kinders
Hoekom sê Daddy-God
Hoekom
Wil julle alleen deur die lewe gaan?

Julle moet asseblief ophou
Ophou om na valshede rondom My te luister
Kinders die goed wat die wêreld julle oor My leer
Dis so verkeerd

Ek weet en Ek besef
Sê Daddy-God
Dat baie mense hulle rûe op My draai
As gevolg van wat leuens oor My sê

Dis hoekom dit so belangrik is
Om dit nie toe te laat
Kinders julle moet asseblief nader aan My kom
Sodat Ek julle die waarheid kan leer

Die waarheid oor My
Liefste kinders
Die waarheid
Oor wie Ek is

Julle is verkeerd
Wêreld
So verkeerd
Is die prentjie wat julle oor God het

Ek wil julle vra
Weer
Begin om die blindheid oor julle harte op te hef
Begin om te besef ek is dalk verkeerd

Ja liefste kind
Ja jy is
Ek wil graag
Dat jy dit sal begin sien

Waarlik-waarlik
Kinders
Waarlik-waarlik
Sien

Begin julle oë net oopmaak
Kinders
Die waarheid staar julle in die gesig
Julle hoef nie eers vêr te kyk

Oe kinders
Sê Daddy-God
Oe kinders
Kom nou asseblief

Die waarheid maak vry kinders
Dit maak vry
Laat dit asseblief toe
Om met jou te begin praat

Oe kind sê Daddy-God
Oe kind
Kom nou
Kom gou

Kom sien kind
Kom vind
Die skatte
Vir jou voorberei

Ja elkeen
Sê Abba
Elkeen kan kom soek
Na meer van My

Daar’s meer as genoeg
Vir almal
Sê Daddy-God
Meer as genoeg, vir almal

Julle hoef nie skaam te wees
Vol-lyf kind
Vol-lyf kan jy induik
En in My wonders kom rondswem

Oe dis so mooi sê Daddy-God
Oe dis so mooi
Jy met jou duik-floppers
Wat soek na My! 😉

Eintlik moet Ek meer sê
Snaaks sê Daddy-God
Snaaks en mooi
Want dis hoe jy lyk met daai skuba-bril wat jy aanhet

Julle oë vertoon altyd
So lekker groot
Sê Daddy-God
So groot wanneer julle daai bril ophet

Ek is skoon seker sê Daddy-God
Dat julle haaie met daai brille sal ore kan aansit
Ja kind dit is so
Jy die wafferse duik-ontdekker

Dis vir My lekker sê Daddy
Om julle te terg
Julle lag mos ook altyd te lekker vir julleself
Wanneer julle met daai duik-pakke rond-flons

Oe kinders sê Daddy-God
Dis maar een van die dinge wat Ek ontwerp het en aarde toe gestuur het
Sodat julle kan ontdek en glo
Ek is die God wat ook net so lekker kan lag!

Ja-nee sê Daddy
Baie kere
Wat Ek My lag moet beteuel
Moet inhou sodat jy nie My skaterlag vanuit die hemele kan hoor

Is mos so né kind
Mens wil mos nou nie heeltemal jou maat in die gesig vat en sê
Weet jy
Jy lyk nou rerig soos ‘n paddavis

Ag dalk is Ek ordentlik
Dalk wil Ek net nie lag
Want Ek weet nie of jy besef
Ook dit kan Ek en jy saam doen

Kind so kan Ek maar sê
Volgende keer
Wanneer jy in daai duikpak klim
Kyk op na die hemel en sê knipogend vir My … Daddy ek kan U hoor! 😉

Dis vir My so lekker kinders
So lekker as ons harte sulke intimiteit kan begin bou
So heerlik My kinders
Hemel is dit vir My

Ek wil so connected wees met julle kinders
So connected
Ek wil elke tree by julle wees
Ek wil saam-gesels

So baie
So baie van My kinders
Wat uitmis
Op hierdie konneksie met My

Kinders sê Daddy-God
Kinders
Kan Ek julle net vertel
Dat dit so moontlik is

Ons kan kinders
Ons kan
Ons kan in ALLES een wees
Laat My toe om julle te leer

Dit sal so groot voorreg wees vir My
So groot voorreg
Kinders Ek wens
Ek wens julle kon sien

Sjoe Pappa, sjoe
U is so mooi
Hier kom leer U my weer sopas
‘n Splinternuwe faset van U

‘n God wat kan lag
‘n God wat vir Sy kinders knipoog
Sjoe Pappa-God
Sjoe hoe mooi is dit

Dankie liefste Pappa
Dat U wonderskoon is
So beeldskoon, so beeldskoon
Ek wens almal kon dit sien

Ek bid vir hulle Daddy-God
Ek bid vir almal wat U nog nie so ken
Daddy help ons asseblief
Om elke dag meer van U te ontdek

So relevant
So relevant is U elke dag
Wow Daddy-God, wow
Vir U sal ons beslis nooit ore aansit

U bly ons altyd
Een kopknikkie voor
En om eerlik te wees
Ek geniet dit so

Dankie liefste Pappa
Dankie
Ek wil U soveel liewer hê
Ek wil U ontdek vir wie U waarlik is

Kinders van Daddy-God
Sal julle asseblief nader kom
Sal julle saam met My
Die wonderskone goue hart van ons Koning ontdek

Daar’s nie genoeg sinonieme vir beeldskoon
Pappa om U prag te beskryf
Ooooo nooit nie
Ek kry dit net nie reg

Dankie liefste Pappa
Dankie
Vir die wonderskone voorreg
Die voorreg om U ons prag-God te ontdek

Dankie dat U mooier is
As wat die mooiste woorde ooit kan vertel
Dankie dat ek U, Prag-God
In my lewe kan hê

Dankie Pappa-God
Dankie
Dankie
Dankie

Wow…
Woorde
Woorde is nie genoeg
Om U te beskryf

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s