Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Horisonne

Daar’s ‘n skat
Diep in my hart
So kosbaar is dit vir my
Die plekkie waar my God woon

Ewigheid is in die
Hart van die mens
God het dit daar gesit
Dit is hoe dit hoort

Daar’s soveel mense
Op planeet aarde
Wat nog nooit gesmaak het
God is so baie goed

Sien kinders van Abba
Daar’s ‘n plekkie
Diep binne in my en jou
Wat aan God behoort

Daddy wil so graag hê
Ek en jy
Boetie en sussie
Moet op daardie plekkie daarbinne met Hom konnekt

Oe kinders van Abba-God
Ek weet net
As julle kon smaak wat ek al soveel kere het
Sou julle ook so graag meer wil hê

Want sien kinders van Abba
Daar’s net niks beter as dit
Daai plekkie in jou diepste binneste
Waar God met jou praat

Ek’s so diep dankbaar vir daai plekkie
Dis rerig asof dit geword het
My rigting-aanwyser
Wat my die regte rigting aandui

Oe kinders van Pappa-God
Diep dankbaar is ek
Dat Daddy in die diepste deel van my en jou
Met ons wil konneksie behou

Om Hom daar te hoor fluister
Oe dit bly vir my so mooi
Pappa ek wil meer hê
Soveel meer wil ek in my diepste saam met U bereik

Abba-God sal U my groot asseblief
Dieper neem
Sal U my kom wys
Wat is dit waaroor die engele al vir generasies lank mal gaan

Daddy meer
Soveel meer van U
Dit is my vra
Pappa sal U dit asseblief so maak

My bewondering vir U
Pappa-God dit bly net groei
Ek weet nie
Maar U is diep mooi

Diep binne in my Daddy
Leef daar die verlange
Woon die wete
Daar is meer en ek wil dit so graag hê

Daddy dis soveel meer
Soveel meer as waar ek al was
Of soveel meer
As wat ek al saam met U kon hê

Daddy die horisonne in my hart
Daar waar U woon
Hulle is net
So blink en breed

Hulle nooi my nader
Ek kan sien Pappa-God
Hulle sê daar’s meer
Sal jy kom vind

Die opsies is eindeloos kinders
Eindeloos
Onbeperk
Dit is hoe diep die skatte in my hart lê

Oe kinders
Sê Pappa-God
So diep, so diep
Dis waar hulle vir julle lê en wag

Oe kinders sê Pappa-God
Die drumpel het ons nog net oorgestap
Dit wat nog lê en wag
Oe dit is mooi!

Pappa se kinders
Myne sê Abba
Kom dieper
Kom vind asseblief al die mooi wat in My hart vir julle verborge lê

Pappa se kinders
Asseblief
Dieper en meer
Dis wat Ek so graag vir julle wil gee

Julle vra nie genoeg daarna nie
My liefste kinders
Julle vra nie genoeg vir My nie
Pappa ons wil meer van U hê

Pappa se kinders
Myne
Dis asof julle glad nie in julle harte ‘n verwagting het
Om My beter te leer ken

Kinders sê Daddy-God
Kan dit wees
Kan dit wees
Dat julle My waarlik so min beter wil leer ken

Die opsies van ontdek-My
Kinders hulle is so diep
Tog is daar mense
Wat nie eers ‘n benul het

Wat nie besef
Pappa-God is so groot
Wat nie besef
God is op die troon

Kinders sê Daddy
Kinders
Glo My asseblief vandag as Ek vir julle sê
Daar is soveel meer in My te vind

Pappa se kinders
Asseblief, glo vir My
Dis nie swaar of moeilik
Kom soek na My

Kom soek na My dieptes
Kind
Kom soek sê Pappa
Kom weet dat Ek altyd in beheer is

Partykeer sê Daddy-God
Gereeld
Gebeur dit nogals dat mense ‘n gly in My kry
Omdat iets slegs gebeur

Ja sê Pappa-God
Vir Sy kinders
Ook die wat verstrooid en verdwaald
Nog sonder-Hom op die aarde rondloop

Ek weet sê Daddy
En Ek besef
Julle harte kry dikwels seer as iets slegs op aarde gebeur
En dan soek julle iemand om te blameer

Dis baie dikwels Ek
Sê Pappa-God
Wat die skuld kry
Vir baie van die verkeerd wat op aarde gebeur

Tog sê Daddy-God
Is dit so gereeld
Nie Ek nie
Tog weet Ek baie keer nie eers iets daarvan

Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Ek wil rerig net kom sê
Leer My goue hart ken

My hart
Sê Daddy
Kan baie kere nie doen wat julle van Hom verwag
Of oor hom sê

Oe nee
Sê Daddy-God
Julle is so baie dikwels verkeerd
Julle is verkeerd in julle aannames oor My

Oe Pappa se kinders
Asseblief luister mooi
Ek is ‘n goeie God
Nie die een waarvan jy dikwels vertel

Pappa-God se kinders
Myne
En die van die wêreld
Asseblief luister vir My

Ek’s so diep lief vir julle
Ek wens partykeer
Ek was nie
Dit sou dinge soveel beter maak

Kinders van My liefde
Pappa sê
Julle behoort aan My
Ek wil julle graag-graag dieper vat

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
So graag wil Ek julle neem
Veel dieper as net verby die voorhangsel in My hart

Liefste kinders sê Daddy
Die voorhangsel is oop
Wa-wyd oop
Julle kan maar inkom

Julle vertel gereeld
Sê Daddy-God
Ek is goed
Hoekom glo julle dit so min?

My hart, My hart vir julle
Oe dis so mooi
So so mooi
Ek wens julle kon sien, blink diamante oral

Die saffiere en edelgesteentes in My hart
Oe kinders
Sê Daddy-God
Dis vêr by mooi en kosbaar verby

Kinders sê Pappa
Dis die hemel se beste
Dis die tipe edelgesteentes
Wat julle in My hart sal kry

Nêrens is daar beter as hulle
Nee sê Pappa-God
Skaarser as hoendertande
Dit is hulle beslis

Oe Pappa se kinders
Asseblief luister vir My
Kom soek na hulle
Nie die hoendertande maar My 😉

Oe liefste kinders
Liefste-liefste kinders
Pappa-God vra julle
Kom nader aan My

My genade is genoeg
Kinders
Om julle deur die diepste waters
Veilig by julle eindbestemming uit te bring

Ja Pappa-God se kinders
Ja
Dit is so
Ek wil julle veel dieper vat

Na oewers sê Daddy-God
Waarby mense nog nie aangedoen het
Kinders sê Daddy
Dis wat Ek deur My genade en Seun vir julle voorberei het

Kinders sê Daddy
Dieper en meer
Dit is My hart vir jou
Sal jy … ja sê?

Ja Abba-God se kinders
Ja
Daddy se hart is diep
Die entry point is deur My Seun

Veel dieper sê Pappa
Is vir julle voorberei
Veel dieper
As wat julle baie dikwels glo

Julle moet dieper inklim kinders
Julle moet asseblief veel dieper kom swem
Kom sien wat is dit
Wat voorberei is vir julle

Soos gesê
Daar is min wat vir dit kom vra
Die dieper en meer
Sal jy een wees?

Oe God se kinders
Die van die wêreld ook
My vra is dit
Kom, ontdek My hart

Dis nie veel gevra
Regtig nie veel
Kinders as jy dink
Wat jy daarvoor gaan kry

Die mooiste, rykste, diepste skatte
Is vir julle weggebêre
Julle moet net kom vra en soek daarna
Dit is al

Oe Pappa se kinders
Kom nou
Asseblief
Kom dieper in

Dieper en meer
Is vir julle voorberei
Van die begin kinders
Vanaf die begin

Dit eer My sê Daddy
Regtig, diep baie
Wanneer mense My glo en vertrou
Dankie daarvoor

Julle moet nooit
Ophou glo
Kinders van Abba
Asseblief doen dit nooit

Julle moet aanhou vertrou
Deur die donkerste waters
Saam met My bly voortbeur
Saam met My kinders kan julle nooit sink

Nooit ooit
Dit kan net nie gebeur
Ek is die Een kinders
Wat julle deur diep waters bo sal hou

Ja liefste kinders
Ek is die Lewensredder van die lewe se see
Niks kan My onderkry
Selfs nie eers al is dit ‘n haai

Haaie van die lewe
Kinders hulle word afgeskrik deur My
En dis nie eers asof Ek nodig het
Om hulle bang te maak

Nee wat kinders
In die Gees weet hulle presies
Hoe imposant Ek vertoon
En hulle weet hulle kom nie naby

Ja nee wat kinders
Hulle kan maar gaan slaap
Die haaie en die diewe van die lewe
Wat julle wil onderkry

Gereeld kom wys hulle vir julle tande
Om julle in ‘n greep van angs te kry
Al wat jy moet sê kind is
My God is tog groter as jy

Ja liefste kinders, ja
Begin asseblief ‘n bietjie
Om vir die wêreld en sy probleme tong uit te steek
Met die waarheid van wie Ek is

Sê tog vir hulle
My God is groter
Wê-hê!
En daar is NIKS wat julle daaraan kan doen

Net soos ‘n klein kind
Sê Pappa
Seun of dogter
Spog met hulle pappa wat veel groter en sterker is

Ja kinders
Sê hulle nie gereeld
Sê Pappa-God
My pappa is groter, nee myne is!

Gaan hou hulle ‘n bietjie dop kinders
Asseblief
Daardie vasberade kennetjies
Wat hulle wys vorentoe stoot

Is nie
Is!
Sê hulle dan
Asof daar iets is om te bewys

Kinders Ek wil maar net vra
Gaan leer by die wyses onder julle
Dis dikwels die kinders
As hulle sulke wyshede kwyt raak

Pappa se kinders
Ek wil ook maar net vra
Begin glo in jou hemelse Pappa
Soos wat hulle in hulle aardse pappa’s glo

Ek is veel meer kinders
Veel meer as wat aardse pappa’s ooit sal wees
Asseblief begin ook ‘n bietjie
Met ogies van diep bewondering na My kyk

Oe kinders sê Pappa-God
Dis diep maar dis mooi
Dis eenvoudig
Soveel van die lewenslesse wat Ek julle leer

Daar is heelwat ooreenkomste sê Daddy-God
Wat Ek tussen die natuurlike en geestelike kan trek
Hierdie is maar net een van hulle My liefste kinders
Hierdie is maar net een van hulle

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek is meer, Ek is dieper as wat jy ooit sal weet
Dis hoekom Ek vra

Vertrou My kinders
Asseblief
Dieper en meer as wat julle ooit het
Dis hoe Ek julle, kinders, na die mooiste ooiste plekke in die Gees kan neem

Dieper en meer
Liefste kinders
Asseblief
Sal julle daarvoor begin vra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s