Blinde oë, Liefde so groot

Rol-ini-modder

Die lewensliedjie in my hart
Wil een naam besing
Jesus
My Koning, my Rots, my Alles

Dit gebeur so gereeld
Kinders van God
Kinders van die wêreld
Dat ons vergeet

Ons vergeet
Hy is hoog bo almal
Ons vergeet
Dat Hy die hoogste plek in ons harte en lewens verdien

Dis so dikwels
Kinders van Pappa
Kinders van die wêreld
Dat ons dit mis-kyk

Ons kyk mis
God se werk in ons midde
Ons kyk mis en sien glad nie meer raak
Dat Hy so die wonderlikste Iemand is

Om ons God in my lewe te hê
Oe ek het nie woorde daarvoor
Ek weet nie hoe om te verwoord
Wat in my binneste gebeur as ek Sy Naam hoor

Liefste, liefste Koning
Pappa se kind
Is wie ek altyd en altyd wil wees
Tot die einde en weer daarna

Oe Pappa-God se kinders
Die vreugde in my
Dit is so baie groot
Om Jesus deel van my lewe en in my lewe te mag hê

Daddy ek wil U nog stywer vashou
Nog stywer
In my hart, in my lewe
Want U is so wonderbaar

Oe mense wat dit nie sien
Waar is julle oë
Sit aan julle brille van geloof
En kyk!

Die waarheid, die waarheid
Sy staan voor julle deur en sy klop
Sy klop julle al wakker
Maar julle wil bly laat-slaap

Oe kinders sê Daddy-God
Oe kinders
Julle verbeel julleself nie
Daar is iemand by die voordeur

Dis mos baie kere
Wat julle dink
Was daar iets
Of verbeel ek my

Oe Abba-God se kinders
Oe kinders van die wêreld
Hoekom wil julle nie sien
Hoekom kan julle nie glo?

Ek vra julle
Asseblief
Maak oop, maak oop
Die deur na jou hart

Oe kinders
Kinders van die wêreld en die van My
Glo My net vir ‘n slag
Asseblief kom nader aan My

Julle is te vêr kinders
Julle is te vêr
Ek verlang My byna dood
Ek het ‘n Bybel geskryf en triljoene boodskappe daarna

Kinders van My hart
Kinders van die wêreld
Sê My kry julle darem al die e-mails, Whatsapps en Facebook boodskappe
Wat Ek elke dag vir julle stuur

Hulle lê die wêreld vol
Liefste kinders
Die wêreld
Ek weet nou nie maar hoe op dees aarde kan julle dit miskyk

My hart is vir julle
Liefste kinders
My hart is vir julle
Wanneer gaan julle dit rerig glo

Dit gebeur gereeld
Sê Daddy-God
Dat julle dit nie waarlik glo
Net dink dat dit mooi woorde is

Ja Ek weet
Sê Daddy-God
Ek weet wat julle baie kere dink
Wat julle baie kere sê

Ag nee nie nog een
Rerig
Wanneer gaan hierdie mense ophou
Om hierdie goed vir my te stuur

Oe kinders sê Pappa
Oe kinders
Sien julle nie
Party van julle is horende doof vir My klop aan julle hartsdeur?

Oe hoekom sê Daddy
Hoekom, hoekom, hoekom
Wil jy My volheid
Nie in jou lewe hê

Oe kinders sê Daddy-God
Ek belowe, Ek belowe
Dis niks sleg
Dis als wat mooi is tesaam

Oe My hart van liefde
My hart van liefde
Klop so warm vir julle
So so warm, Ek wens julle kon sien

My grootste begeerte
Sê Abba-God
My grootste begeerte
Is dat julle My sal toelaat om julle lief te hê

Hoekom is dit so moeilik vir julle
My kinders
Hoekom sukkel julle so
Julle sukkel so om My te vertrou

My hart is seer daaroor My kinders
Baie seer
Ek weet dis nie wat die wêreld julle leer
Maar dit is so

As julle net wou begin
Reg glo oor My
Sê Daddy-God
Dit sou soveel dinge soveel beter maak

Oe My liefde
My liefde is genoeg
Liefste kinders
Vir al die seer wat julle diep binne ronddra

My hart kan herstel
Liefste kinders
My hart kan herstel
Ek wil dit net graag weer vir julle sê

Julle seer en smart kinders
Dis nie ‘n match vir My
Ek is soveel liefde
In My liefde sal al julle pyn verdrink

Ja liefste kinders
Sê Daddy-God
In My liefde kan dit wat stukkend is
Nie bly voortbestaan

Hulle kan nie kinders, hulle kan nie
Dis hoekom Ek vra
Asseblief moenie julle seer in die drankbottels van die aarde verdrink nie
Kom gee dit veel eerder vir My

Liefste, liefste kinders
Sê Pappa
Veel eerder
Kom gee dit vir My

Pyn van die hart kinders
Pyn van die liggaam
Dit kan nie bly voortbestaan
In My allesomvattende perfekte liefde

Het julle al gesien
My liefste-liefste kinders
Het julle al gesien
Hoe Ek die wat swak is bly dra?

Gaan vra hulle liefste kinders
Asseblief gaan vra hulle
Die mense wat seer het en siek is
Die mense wat My deel-maak van hulle pyn hier op aarde

Oe Pappa se kinders
Kinders van die wêreld
Dit is wie Ek is
Ek rig die geboë weer op, Ek gee die vermoeide nuwe krag

Kinders sê Pappa
Kinders
Dis wie Ek is
Ek wil dit net graag vir julle sê

Dis mense sê Daddy
Wat sulke paaie saam met My loop
Wat weet elke liewe woord oor My is nie net mooi
Dis waar hulle anker lê

In elke mooi belofte
In My Woord
Sê Daddy-God
Is daar soveel hoop

Soveel hoop en inspirasie
My liefste kinders
Kan julle uit My teenwoordigheid in julle lewens put
Soveel hoop en inspirasie

Dit wat julle sterk maak kinders
Dis wat julle geloof en krag gee
Vir aanhou en uithou
Ek in en by julle

Oe Pappa-God se kinders
Oe Pappa-God se kinders
Ek weet dis dikwels swaar
Die wêreld en wat sy bied

Pappa se kinders
Asseblief
Onthou en weet
Dat Ek groter is

Soos wat julle
Liefste kinders
Dit aanhou bely
So word julle sterker in My

Sterker in geloof kinders
Sterker as oorwinnaars
Dis My hart vir julle kinders
Dis hoe julle bly deurtrek

Mense wat al My krag en liefde
In hulle lewens gesmaak het
Mense wat dit ken
Hulle weet waarvan Ek hier praat

Pappa se kinders
Die wat op My wag
Die wat by My kom wegkruip
Die wat die skuiling van die Allerhoogste ken, dankie daarvoor

Dankie Pappa se kinders
Dankie vir elkeen
Wat hulle vertroue in My sit
Dankie daarvoor

Dit beteken vir My so, so baie
So baie wanneer julle
Julle geloof in My julle God sit
Die wêreld en meer, soveel vir My

Die wat My krag nog nie so ken
Die wat nog nie ervaar het of weet
Ek is soveel meer as net mooi woorde
Kom asseblief nader aan My

Nader aan My
Pappa-God se kinders
Nader aan My
Dit is die vra van My hart

Altyd nader liefste kinders
Sê Pappa
Altyd nader
Dis hoe julle die mooiste skatte ontdek

Ek’s so waardig kinders
So, so waardig
Ek weet vir baie mense is dit net praat
Maar kinders asseblief

Glo My as Ek vir julle sê
Dat daar niemand-niemand
Nie in die hele wye wêreld, bo of onder
Soos Ek is

Ek is die Waardige Een
Vir alle tyd
Liefste kinders
Vir alle tyd en daarna

My liefde is genoeg
Liefste seun, liefste dogter
Kom nou nader
Asseblief ontdek die ware Ek

Die ware Ek is so mooi kinders
So mooi
Moet julle asseblief nie aanhou blindstaar
Teen dit wat die wêreld oor My sê

Stories sê Daddy-God
Stories, stories, stories
Alles nonsens
Alles nie waar

Ek wens net
Mense wou begin verder kyk
Ek wens hulle kon
Die aanslae en taktiek van die vyand daaragter begin sien

Is dit nie maar ook
Sê Daddy
Wat die wêreld julle leer
Oor aardse baklei

Kinders sê Daddy-God
Julle weet
Julle weet hoe dit is
Wanneer mense julle name deur die modder sleep

Met My is dit nie veel anders kinders
Satan is maar net besig
Om My Naam deur die modder te sleep
Met al die stories wat hy vir julle oor My vertel

Pappa-God se kinders
Asseblief
Begin dit sien
Begin sien hoe verkeerd hy maak

Ek is nie die vuil vark
Sê Daddy-God
Wie hy My maak om te wees
Nee Ek is veel mooier, veel skoner

Daddy sê asseblief kinders
Hou op om saam met Satan en sy leuens
In die modder oor My
Rond te rol

Kom kinders sê Pappa-God
Kom, kom klim uit die vuil modder
Laat toe dat Ek jou begin skoon was sê Daddy
Met die waarheid van wie Ek is

Ek wil haar vuil gemors van jou af kry
Al die leuens
Wat die hoer van hierdie wêreld
Babilon vir julle vertel

Asseblief kinders,asseblief
Begin om saam met My te werk
Sê vir haar dat jy die leuens oor My
Nie meer vir soetkoek gaan opeet

Haar leuens oor My
Sê Daddy-God
Is besig om rerig
Soet vrot tande in julle lewens te veroorsaak

Dis mos maar wat baie suiker doen
Né liefste kinders

Dit maak als sleg as jy te veel inkry

Kinders asseblief
Moenie meer
Al die soet van haar leuens opeet
Dit is nie baie goed vir jou

Begin gesonder leef
Liefste kinders
Asseblief
Begin om gesonde verstand ‘n plek in jou lewe te gee

Hoe reg is dit sê Pappa-God
Om totaal en al
Op ander mense se opinie oor iemand te gaan?
Dis so, so verkeerd sê Daddy

Daai iemand…
Is dalk ‘n baie aangename persoon
En jy…
Besig om op groot skaal uit te mis

Sien kinders sê Daddy
Dis maar al wat Ek vra
Het jy vrede oor jou besluit
Om My nie self te leer ken?

Ek beoordeel jou nie
Liefste kind
Op ander se opinies oor jou
Ek wil dit net graag vir jou noem

Nee Ek neem die tyd
Altyd
Om nader te kom, self te sien
Is dit waar?

Dis mos maar waar die verskil lê
Né liefste kinders
Mense wat omgee
Om die ware jy te leer ken

Ja sê Daddy, ja
Soveel van julle
My liefste kinders
Wat die leë beloftes van mense ken

Ons sal jou kontak
Ons sal ‘n kuier reël
Ons moet bymekaar kom
Maar niks gebeur ooit daarmee

Ek wou maar net sê
Liefste kinders
Ek ken dit
Daai ware jy in jou wat wens dit kon anders wees

Ja Ek weet
Sê Daddy-God
Ek weet hoe dit voel
Wanneer mense jou op ‘n afstand weeg en te lig bevind

Kinders sê Daddy
Ek weet
Ek weet dis seer
Maar Ek wil hê jy moet weet

Daar is egte ware mense
In hierdie lewe
Mense wat nie net van oëverblindery hou
Mense wat opreg is in hulle manier van omgee

Ek weet julle mis dikwels daarop uit
My liefste kinders
Ek weet julle wens dikwels
Mense was meer real

Kinders Ek weet
Sê Pappa
Ek weet
Julle smag daarna

Bou dan maar liefste kinders
Vriendskappe
Met die wat ook egtheid waardeer
En nie net voorgee

Kinders sê Daddy
Ek wil ook maar net sê
Ek is een van daai egte mense
Mens kan nie meer eg as Ek kry

Ek’s ‘n man van integriteit
Liefste kinders
Ek’s ‘n man wat My woord hou
Op My kan jy maar jou huis bou

Liefste kinders
Sê Daddy
Sag, sag is My hart
Ek sal nooit met joune ‘n speletjie speel

Julle kan My so, so vertrou
Liefste kinders so baie
Ek wens julle kon dit sien
Ek wens julle wou dit glo

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s