Blinde oë, Lofprysing

God-slim

Daddy by U
Voel ek veilig
So geborge
Daddy ek wil net dankie sê

Dankie dat U my veel liewer het
As wat ek verdien
Dankie dat ek so-so baie
Op U kan staatmaak

‘n Lewe sonder U
Ek wil my nie eers indink
Oe nee verskriklik sou dit wees
Alte verskriklik

Soos ‘n Jurrasic Park movie
Wat waar word
Daddy dit is hoe lewe hier op aarde
Sonder U sou wees

Pappa dankie
Dankie, dankie, dankie
Net dat U eg is, mooi
En so standvastig in al U weë

‘n God op wie ek
Rerig kan staatmaak
Nie net wanneer die nood druk
Maar altyd-deur

Oe Pappa-God
Ek is dankbaar
So diep, diep dankbaar
Net om U … in my lewe te hê

Pappa dankie
Dankie
Dankie
Dankie

U is die begin
Die hoop
Die einde
Van als wat ek is

Dankie Daddy
Dankie
U is genoeg
U is meer as wat ek ooit nodig kon hê

By die fonteine van lewe in U hart
Daddy wil ek bly drink
Nou en altyd
Nou en altyd

U sing die mooiste
Liedjies van liefde vir my
Daddy ek hoor hulle
So gereeld

Dankie Pappa
Vir die mooiste, ware liefde
Wat ek ooit
In my lewe sal hê

Ek waardeer dit diep
So so baie kosbaar is dit vir my
Dit Daddy
Wou ek net graag vir U kom sê

My anker
My lewe
My als
Dit is U

Partykeer gebeur dit kinders van Abba
Dat ons hierdie woorde vir mense sing
Ons moet so versigtig wees
Ons wil nie ‘n deur van afgodery vir die duiwel daarmee oopmaak

Nee Pappa se kinders
Ons moet veel eerder onthou
Daar is een perfekte een
En so waardig is Hy om alle lof te ontvang

Ja mense is spesiaal
En diep plekke kan hulle in ons harte besit
Maar kinders van Abba
Nooit mag hulle Daddy se plek vat

Nie in ons harte nie
En ook nie in ons lewens
Nee dit hoort nie so
Nee dit moet nooit ooit so wees

So eintlik wil ek ook maar net sê
Boetie, sussie
Wees asseblief versigtig
Met die woorde wat jou mond verlaat

Baie krag het jy daaroor
Baie mag het jy daarmee
Skep dan lewe liefste kinders
Met die woorde wat julle praat

Baie mense sê Daddy
Sit vas in kettings van die vyand
Kan nie loskom
Want hulle woorde het Satan toegelaat om hulle te kom bind

Wees versigtig liefste kinders
Asseblief
Wees versigtig
Met die woorde wat julle praat

Laat dit opbouend wees kinders
Laat dit nie afbreek
Ek weet dit maak seer
Die woorde van haat wat mense spreek

Die woorde wat julle sê
Kinders dis eenvoudig
Vra julleself net een ding
Sou Jesus dit sê?

Ek wil maar net vra
Sê Pappa
Begin My eer met die woorde wat julle sê
En julle sal self begin sien hoe die vyand se kettings om julle breek

Hou aan liefste kinders
Asseblief hou aan
Om lewe te spreek
Om vryheid met julle woorde na te jaag

Dis so bevrydend en wonderlik
Sê Daddy
Die woorde wat sommige van julle praat
Dit getuig van geloof en vertroue in My

Wow dis vir My so mooi!
So mooi sê Abba
So mooi
Dit verbly die hart

Dankie liefste kinders
Julle wat positief praat
Dit beteken so baie
Julle gee My so baie om mee te werk

Dankie liefste kinders
Sê Pappa
So baie dankie
Vir die wat altyd so oop is om van My te leer

Dankie liefste Pappa
Dankie
Vir U mooiste wysheid
Wat my so mooi leer

Sjo dit beteken vir my so baie
Dis so wonderlik om van U te hoor
Om U wysheid te ontvang
Om God-slim te word

Ja Daddy dis wat ek U wysheid noem
So mooi is dit vir my
Dit vorm my gedagtes en lewe
Om soos U s’n te dink

Dankie daarvoor
Daddy
U Woord sê mos
Moenie aan hierdie wêreld gelykvormig word

Dankie daarvoor
Pappa
Dankie
U wysheid is waarlik … so slim!

Dit leer ons so mooi
En dit gee waarlik
Waarlik … waarlik
So baie om!

Dankie Pappa
Dankie
U lewe in my
Wow Pappa wow, dis so spesiaal vir my!

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s