Blinde oë, Byt vas

Vasbyt-blommetjies

U woorde is soveel goud
Dit bly net
So ongelooflik mooi vir my
Mens sal nêrens beter kan vind

Die waarheid van U Woord
Die liefde wat U vir ons het
Pappa-Vader
So baie dankie daarvoor

U genade is so baie diep
Baie dieper
As wat die diepste seebodem ooit kan vertel
Pappa-Vader baie dankie daarvoor

U liefde vir my
Is wat my hart hoop gee
Dit is wat my bly deurdra
Dat U rotsvas is, meer as die sterkste see

Koning Abba Vader God
Die liefde
Die liefde wat U vir hierdie wêreld het
Dit is so mooi om te aanskou

Daddy-God ek wil asseblief nog baie meer van U hê
Ek wil ontvang
Dit wat U gekom het om te gee
Alles Jesus, U alles

U maak my hart
So baie bly
Daddy U gee soveel hoop
Selfs in stilte kan ek U hoor

Daddy dankie
Dankie dat U ons harte
So baie bly maak
Met slegs die mooi van wie U is

U genade is so groot
U genade is waarlik
So baie lieflik
En kosbaar vir ons

Ons kan nie genoeg
Ons wil nie genoeg
Ooit van U kry
Daddy U is so baie mooi

Daddy ek wil vandag kom bid
Ek wil kom bid
Vir die wat U glad nie ken
Die wat U glad nie in hulle lewens wil hê

U is so genoeg
Daddy
U is soveel meer
As waarvoor die dorsste hart ooit kan vra

Daddy asseblief
Sal U ons harte se dors kom les
Die wat naby is
Die ook baie vêr

Ek bid vandag Daddy
Dat die mense van die wêreld
So dors sal begin raak
So dors vir wie U waarlik is

Daddy ek bid en vra
Dat die mense van die wêreld
Nie meer die verkeerd oor U sal kan glo
Daddy ek bid dat hulle sal begin vra na waarheid

Ja liefste Daddy
Nes die waarheid in U hart
Maak ons vas daaraan Abba
Groot asseblief

Ons verdwaal te vinnig Daddy
Ons verdwaal te vinnig
In dit wat nie van U is
En dan wil ons nie terugkeer

Pappa-God
Ek vra U
Asseblief
Hou ons vas en gewortel in U waarheid en niemand anders s’n nie

Daddy-God ek wil so graag sien
Ek wil so graag ondervind
Mense wat in vervoering gaan
Slegs oor die mooi van wie U is

Daddy hulle is so min
So, so min
Dis so asof hierdie wêreld
U nie waarlik ken

Want Daddy ek kan nie verstaan
Ek kan nie verstaan
Hoe ons baie dikwels aanhou
Om ons louwarm lewens te leef

Kinders van Daddy-God
Sê Abba
Ek weet dis vir julle so moeilik om te verstaan
Maar Ek is rerig vêr by wow en awesomeness verby

Vêr kind
Baie vêr
Hulle soek nou nog na My
Kon My nou nog nie vind

Dis geensins sê Daddy
Dat Ek nie wil hê hulle moet My kry
Nee kind dis net dat vêr-verby-wonderlik
Nie reg aan My laat geskied

Ek wonder sê Daddy-God
Ek wonder so baie
Sal daar mense begin opstaan wat sê
Ons glo God

Ons glo dat wat Hy sê die waarheid is
Ons glo dat ons Hom kan vind
Net soos wat ons is
Slegs omdat Jesus vir ons die prys betaal het

Oe kinders
Sê Daddy
Daar’s te veel van julle
Te veel wat My nog met werke wil beindruk

Kinders is dit nie genoeg
Wil Daddy-God weet
Is dit nie genoeg
Dat mense dink dit is wat Ek wil hê

Kinders sê Daddy
Julle is so so verkeerd
As julle net aldag en heeldag wil preek
Jy moet perfek in al jou doen en late wees

Kinders dis nie wie Ek is sê Daddy
Dis glad nie wie Ek is
Kinders wie My ken
Hulle weet dis nie so

Ek verwag nie julle perfeksie nie kinders
Ek verwag julle oorgawe wat sê
Hart, siel en verstand
U kan alles maar kry

Sien kind
Ek verwag daai oorgawe
Sê Daddy-God
Wat niks van jouself meer vir jouself kan hou

Total surrender
Liefste kind
Of beautiful surrender
Soos mense deesdae sing

Kinders
Dit bly vir My so die ultimate
Kinders wat My net in alles ken
En so graag wil hê dat Ek deel van hulle alles sal wees

Dis soos total unity kind
Dit is soos harte
Wat ritmies
In gelid klop

Dis so graag sê Daddy
My kind
Dis so so graag
Hoe Ek dinge tussen ons wil hê

Ek wil nie hê
Liefste seun en dogter
Dat alles tussen ons koud, klinies en vol prosedure moet bly
Nee liefste kind Ek soek jou warm liefde, jou ware oorgawe

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Dit is waarna Daddy
So so baie verlang

Ek wens julle kon dit sien
Die brandende begeerte in my hart
Ek wens so
Julle wou dit ook hê

Kinders
Die diepte
Die diepte van verhouding wat ons kan hê
Dit sal julle so so verstom

Moenie nee dankie sê kind
Nee asseblief
Sê altyd veel eerder
Dat jy meer van My wil hê

Die mooiste geskenke
Liefste seun, dogter
Lê vir julle en wag
Julle moet kom ja sê vir hulle en begin oopmaak

Oe kinders sê Daddy
Oe kinders
Dis tyd
Dat julle begin vind

Daar’s soveel
Soveel van julle
Wat maar net aangaan met die lewe
Asof dit al is wat daar is

Liefste kinders
Sê Daddy-God
Ek wil graag hê
Dat julle opgewonde sal wees oor die dag van môre

Ja My liefste kinders
Ja
Omdat Daddy-God leef
Kan julle elke dag met soveel verwagting tegemoet gaan

Ja kinders sê Daddy
Ja
Dit is My hart
Vir elkeen van julle

Julle moet begin vra
Kinders
Asseblief julle moet begin vra
Daddy is daar nie dalk ietsie wat ek in verhouding met U bly mis

Kinders
Sê Daddy-God
Dit gebeur net te gereeld
Te gereeld dat julle bly nee sê

Die wat soek
Sal vind kinders
Die wat soek
Hulle sal vind

Raak julle nie moeg
My liefste kinders
Raak julle nie moeg van agterbly
En nie lekker weet waar my God is

Kinders sê Daddy-God
Ek het dit al gesê
Maar Ek sal dit weer sê
Tyd met My spandeer is hoe jy veilig bly

Ja liefste kind
Sê Daddy-God
Dis ‘n baie-baie wonderlike ding
Want dan is dit moeilik om verlei te word

Ja liefste kind
Sê Daddy-God
Dit is so
Dit is waar en hoe julle My stem vir julleself sal leer ken

Dit is net so so jammer
Sê Daddy-God
Dat daar so min mense is
Wat vasberadenheid wys in hulle tye saam met My

Ja-nee dit is maar so
Sê Daddy-God
Dat mense in die begin doelgerig bly
Maar soos die tyd aangaan begin die lus kwyn

Ja kinders
Sê Abba-God
Is dit nie ook maar hoe dit werk
Wanneer julle wil begin oefen nie

Ja-nee sê Daddy-God
Ja-nee
Kinders julle moet asseblief uithouvermoë begin wys
Totdat julle resultate sien

Ja liefste kinders
Sê Daddy
Ja liefste kinders
Moenie ophou, nie voordat jy sien … sjoe dit werk

Daar’s te veel van julle My kinders
Wat te vinnig moed opgee
En dan wil sê
Nee wat die ding werk nie vir my

Kind dit is nie so
Julle kan baie-baie wonderlike dinge
Op aarde ervaar
As julle net vasbeslote sou bly

Ja liefste kind
Vasbeslote
Om iets te bly doen
Totdat jy die hang-of-it kry

Oe kinders
Sê Daddy-God
Is dit nie ook maar so
Met ‘n nuwe instrument leer speel

In die begin
Is julle so opgewonde
Maar dan kom die tyd
Van vasbyt

Ja kind, ja
In die lewe is daar altyd tye van vasbyt
Dis mos maar wat julle julle kinders ook leer
Is dit nie so?

Kind Ek nooi jou asseblief
Hou aan vasbyt
Met die tyd wat jy saam met My spandeer
Moet nooit ophou

Kinders sê Daddy
Kinders
Die mooiste blomme sal dan sommer self
In julle harte begin blom

Julle moet asseblief-asseblief nie ophou daarmee
Julle moet ophou om My nie te vertrou
Kinders
Asseblief

Moet nooit-nooit ophou kinders
Om tyd saam met julle Koning in die hemel te spandeer
Dit is waar die ware anker van jou lewe lê
In tyd saam met My

Amen.

Watse blommetjies het al uit jou tye-saam-met-God gegroei? Ons hoor graag! 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s