'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Teleurstelling in self

Hoe om jouself te vergeef
Boetie en sussie
As dit rerig voel
Asof jy dit net nie kan regkry

Ek was ook al daar
Boetie, sussie
Die teleurstelling in self
Die vra hoe kan ek alweer

Ek weet hoe dit voel
Boetie en sussie
Om te val en op te staan
Om weer te val, om weer op te staan

Sjoe partykeer voel dit amper
Asof dit al is wat gebeur
Die teleurstelling in self
Wat maak dat dit moeilik is om jouself in die oë te kyk

Boetie en sussie
Hoe hanteer ons dit
Hoe bly ons gesond
Deur die hoe kon ek alweer

Ek weet dis moeilik
Liefste kinders
Maar Daddy sal julle help en leer
Hoe om deur als na My te bly kyk

Ek weet dis diep seer kinders
Diep seer
Wat maak dat jy jouself
Nie kan vergeef

Ek wil julle tog vra
Liefste kinders
Om saam met My
Tog te vergeef

Ek wil hê liefste kinders
Dat julle sal verstaan
Daddy-God se hart is
Nie half-pad so seer soos joune daaroor

Ja liefste-liefste kinders
Sê Daddy-God
Dis omdat julle prestasie najaag
Om te voel julle is iets werd

Liefste dogter, seun van My hart
Verstaan asseblief vandag
My hart is seer
Wanneer jy seer het

Ja liefste kinders
Dis wat Daddy se hand beweeg
Ek voel swaar kind
As jy swaar in jou ronddra

Liefste dogter, seun
By My julle Daddy
Hoef julle nooit te presteer
Julle hoef net te wees

Ek weet dogter
Ek sien seun
Die swaar wat julle in julle ronddra
Als omdat julle julleself nie kan vergeef

Kinders van Daddy-God
Liefste-liefste kinders
Hoor asseblief wat Pappa vra
Bring My die teleurstelling teenoor self wat in jou hart lê

Leer om julleself te vergewe
My liefste kinders
Leer om julleself vry te spreek
Sodat julle waarlik vry kan wees

Liefste dogter, seun van My hart
Pappa wil julle vra
Asseblief weet
Ek is in alle omstandighede altyd lief vir julle

Ja liefste dogter, seun van My hart
Ek weet dis swaar
Maar julle kan julle swakhede
Saam met My in die oë bly kyk

Moenie liefste kinders
Asseblief
Toelaat dat julle foute
Bepaal hoe julle oor julleself voel nie

Nee liefste kinders
Lankal terug reeds
Het ons julle waarde bepaal
Deur My Seun wat aan daai kruishout hang

Kinders sê Daddy-God
Liefste-liefste kinders
Pappa wil hê julle moet weet
Ek vergewe gou

Nooit sê Daddy
Nooit is dit My hart
Om julle op ‘n plek van veroordeling en sleg-voel te hou
Nee dogter, seun dit is nie wie Pappa is

Ek vra julle dogter, seun
Die tye wat julle val
Die tye wat julle seerkry
Kom na Pappa, vra My om die stukkende plekke te heel

Dogter, seun van My hart
Pappa wil julle vra
Kom hardloop na My
Laat Ek My pleisters van liefde op julle seer plekke plak

Dit gebeur te gereeld
My liefste kinders sê Daddy-God
Dat julle self die plak-werk probeer doen
En dan net ‘n nog groter gemors daarvan maak

Ek weet seun, dogter
Ek weet sê Pappa
Dis moeilik om te erken
Jy kan nie volmaak wees

Liefste seun, dogter van My hart
Dis beter so
Ek wil hê julle moet dit begin besef
En net julle swakhede bely

Ja-nee liefste kinders
Seun, dogter van My hart
Daddy wil julle vra
Kom kruip weg by My

Die kere wat jy val
Die kere wat jy diep seerkry
Kom vertel My net hoe jy voel
Kom vertel My hoe jy wens jy kon als regkry

Sien liefste kinders
Sê Daddy-God
Dis daai begeerte in julle hart
Wat vir My vertel julle wil My graag in julle lewens hê

Sien dis daai begeerte sê Daddy
Om beter te wil doen
Wat Ek raaksien
En wat Ek kan gebruik

Sien kind sê Daddy
Nie omdat jy ooit perfek sonder My sal kan wees
Maar omdat jy dan erken
Dat jy My so baie nodig het om bo te bly

Kinders asseblief sê Daddy
Moenie sleg voel oor julle swakhede nie
Wees eerder bly daaroor
Want dan is julle sterker in My

Dogter, seun sê Daddy-God
Ek glo altyd in julle
So baie sê Pappa
So baie

Daai teleurstelling in self
Liefste kinders
Asseblief
Kom lê dit by Pappa se voete neer

Ek wil julle op ‘n plek bring
Liefste kinders
Sê Daddy-God
Waar jou foute nie meer jou waarde bepaal

Ek wil julle dieper anker
Liefste seun, dogter
In wie julle is in My
En dat foute-maak deel van die lewe is

Kinders sien sê Daddy
Dis maar al waar die verskil lê
Jy gebruik My liefde nie as ‘n verskoning om aan te gaan met die sonde
Julle gebruik My liefde as die rede om weer op te staan

Liefste kinders
Sê Abba-God
Die seer in julle harte
Ek kan dit gesond maak

Hou asseblief op vra Pappa
Om net lelike woorde met jouself te praat
Wanneer jy iets verkeerd doen
Sê veel eerder kom ons probeer net weer

Almal maak foute
Liefste seun
Liefste dogter
Asseblief aanvaar dit nou

Moenie
Asseblief kind
Moenie so swaar
Op jouself wees

Goed sê Daddy, goed
Jy het ‘n fout gemaak
Jy erken dit, jy bely dit
Kom ons beweeg aan

Dis te veel kere sê Daddy
Wat dit gebeur
Dat My kinders vir dae in ‘n gat sit
Oor ‘n fout-wat-het-gebeur

Liefste-liefste kinders
Sê Daddy-God
Sien julle ooit nog die wonder raak
Van besef jy het ‘n fout gemaak?

Want kinders
Sê Daddy-God
Daar is mense wat tot vandag toe nog stry
Hulle was nie verkeerd

Ja-nee
Blou in die gesig is hulle al
Vir party is dit al jare
Tog wil hulle nog nie erken

Wees eerder dankbaar
Liefste seun, dogter
Dat jy die fout raaksien
En dat jy jammer sê

Ja-nee
Hoekom sê Daddy
Hoekom sien julle dit
Nie veel eerder raak

Wees sagter kinders
Asseblief
Wees bietjie sagter
Oor hoe julle met julleself te werk gaan

Kinders sê Daddy
As julle op ‘n plek is
Waar julle rerig groei in liefde vir My, elke dag
Hoef julle nie bekommerd te wees

Nee wat kinders
Sê Daddy-God
Dis onnodig
Solank julle net altyd ‘n sagte hart vir My inspraak het

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Dis hoe Ek gereeld
Met julle praat

Julle moet slim wees
Sê Daddy
Julle moet My altyd vra
Pappa sal U ons meer leer

Dis hoe Ek julle dan
Meer oor die slaggate van die lewe kan kom leer
Net hoe om staande te bly
En nie vir elke lis van die vyand te val

Kinders sê Daddy-God
Want dis maar al wat gebeur
Satan kom dikwels om My kinders te potjie
En dit gebeur dat hy dit regkry

Kinders ons kan sê Daddy-God
Sy suksesse verminder
Ons kan dat die grafiek van sy aanslae
Heelwat verminder

Ja liefste kinders
Sê Pappa-God
Ons kan hom begin potjie
Deur jy wat slimmer raak as hy

Ja-nee My liefste kind
Sê Daddy-God
Daar is baie aanslae wat fel is
Maar daar is party wat ons kan afkeer

Ek sal julle leer
Liefste kinders
Sê Pappa-God
Hoe om dit reg te kry

Julle is vir My so kosbaar
En kinders
Julle waarde lê diep
So baie diep

Sal julle dus
Liefste kinders
Net ‘n bietjie meer genade
Met julleself hê

Asseblief liefste kinders
Asseblief
Pappa vra julle
Wees net ‘n bietjie sagter met die manier waarop jy met jouself te werk gaan

Net bietjie sagter
Sê Daddy-God
Net bietjie sagter
Soos Ek

Ek vergewe gou
My kind
Ek vra jou net
Om dieselfde te doen

As jy sukkel kind
Vra My
Om genade teenoor self
In jou hart te plaas

Dis die beste teenvoeter vir teleurstelling teenoor self
Sê Daddy-God
Wanneer jy toelaat dat Ek jou leer
Hoe vergifnis teenoor self lyk

Sagte harte liefste kinders
Asseblief
Sê Daddy
Teenoor ander, ook teenoor jouself

Jy sal weet
Liefste kind
Jy sal weet
Wanneer jy die verkeerde pad begin loop

Dis daar liefste kinders
Waar julle My woorde
In die wind begin slaan
En julle nie meer van My wil hoor

Kinders sê Daddy
Kinders
Dis ‘n gevaarlike plek daai
‘n Baie gevaarlike een

Kinders sê Daddy
Kinders dis nie julle nie
Want Ek glo elkeen wat hierdie woorde lees
Hulle wil hoor wat Ek sê

Groei saam met My
Liefste kinders
Sê Daddy
Dit bly altyd mooi

Kinders deur die verloop van julle lewens
Gaan julle foute maak
Julle gaan val en opstaan
Maar julle kan ook die goud daarvan saam met julle neem

Ja liefste kind
Sê Daddy
Elke fout wat jy maak
Kan jou die mooiste les van genade leer

Soos wat jy vergifnis aanvaar
So kan jy dit begin uitdeel
Aan almal
Rondom

Oe kinders sê Abba
Oe kinders
Die lesse bly mooi
Asseblief laat toe dat Ek jou leer

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s