Liefde so groot

Totsiens 2017, hallo 2018!

Liewe familie,

My hart is vol. Vol dankbaarheid oor ‘n mooi, tough-met-tye maar God-is-groter jaar. 2017 wuif ons amper koebaai en 2018 wink blink.

Ek wil uit my hart uit vir elkeen van julle wat hierdie bediening ondersteun so baie dankie sê. Dankie vir die saam-lees, diep in-drink & geestelike groei wat ons hierdie jaar saam kon meemaak.

Dis vir my so lekker om julle hier te hê en ek sien uit na groot wonderlike dinge in die nuwe jaar.

Ek wil hê julle moet weet … ek is in my hart committed, so commited en vasberade – deur God se genade! – om Sy plan met die blog te deurloop. Ek weet die beste kom nog, ons het dit nog nie gesien. Met ons God is dit altyd so 🙂 yay!

Dankie dat ek ‘n oomblikkie kon neem, om dankie te sê … aan jou liewe leser, aan ons grote God. Kom ons hou vas, kom ons hou aan om Hom te soek, om die mooi van hierdie lewe saam met Hom te ervaar, om nie ophou te glo, om aan te hou opstaan wanneer ons val, om nooit so lank terug te kyk dat ons die mooi van vandag en môre verloor.

Onthou boetie/sussie, jy is gemaak vir meer! Meer as net die alledaagse, meer as net bestaan. Mag julle elkeen se voetstappe in die nuwe jaar God se droom vir julle lewens dieper ontdek. Ek bid die Here se rykste seën oor julle elkeen.

Mag julle hierdie nuwe jaar tegemoetgaan met ‘n fees en groot verwagting in julle harte. Ons Koning is op die Troon! Saam met Hom kan ons hierdie lewe in oorwinning aanpak want dié waarheid bly altyd staan … geen niks kan Hom onttroon en Sy liefde, beloftes en getrouheid is ‘n vaste sekerheid in dae wat glad nie stabiel is!

Weet asseblief, elkeen van julle waardeer ek diep. Dis so, so lekker om julle deel van die Anker van Hoop familie te hê.

Liefde, altyd!

Letitia

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s