Royal Family Kids Kamp 2019

Hallo vriende,

Hier volg opwindende nuus van die blog se praktiese omgee been Liefde in Aksie!

So dis amper tyd vir die Royal Family Kids kamp wat die Kempton Park span van I.C.Y. hierdie jaar gaan aanbied en ek raak elke dag meer opgewonde daaroor want ons gaan weer die geleentheid kry om seer kinderharte se lewens aan te raak met Jesus se hoop & omgee. Die kamp gaan wees vanaf 23 tot 28 Junie.

Net om julle weer te herinner aan hierdie organisasie en die wonderlike werk wat hulle doen, hiermee hulle pamflet:

Van julle sal onthou dat ek laas jaar se kamp bygewoon het as vrywilliger en Liefde in Aksie verteenwoordiger. Ek sal graag vir ‘n tweede keer wil saamgaan om Jesus se hande en voete te wees. As jy my wil borg of ‘n bydrae wil maak is jy baie welkom. Laat weet my asseblief. Ek sal dit so waardeer. My spaarbussie vir die kamp is sover 1/3de vol. Die koste as vrywilliger beloop R1 500.00.

Daar is ook ‘n lysie van benodighede as julle so wil help ondersteun. Hier is hy…

En dan. Sal jy asseblief saam-bid dat elke kind wat op die kamp kom ‘n spesiale ontmoeting met Jesus sal hê? Dat Sy sagte liefde kans sal kry om hulle seer harte aan te raak en gesond te maak. Dat Hy Sy ware hoop diep in hulle harte sal kom plant. En dat hulle HOPE pret sal hê!

Hy is die omgee agter Liefde in Aksie se hande en voete. Dankie dat julle ons in staat stel en dat julle ook glo in ‘n verskil maak. Al is dit net met vriendelik-wees. Die wêreld kyk dikwels neer op kindness maar in Abba-God se oë tel dit soveel.

Weereens dankie.

Liefde julle!

Letitia

Advertisements

Royal Family Kids Kampe!

Liewe vriende,

Hoop dit gaan baie goed met julle almal. 🙂

Ek is opgewonde om julle te vertel van ‘n wonderlike projek wat so paar maande terug my pad gekruis het. Lees meer daaroor hieronder!

Royal Family Kids Kampe. Kampe met soveel amazingness. Sjoe my hart word skoon warm en hartseer tegelyk wanneer ek na videos oor dié kampe kyk. Warm omdat daar mense is wat omgee. Hartseer omdat daar soveel kinders is daarbuite wat diep pyn ken.

Ek stel julle graag voor aan I.C.U. / Influeincing Children & Youth (http://www.i-c-y.co.za). Hulle is ‘n nie-winsgewende organisasie gewy daaraan om die lewens van mishandelde en verwaasloosde kinders tussen die ouderdom 7-14 op te helder.

Een van die maniere waarop hulle dit doen is deur jaarlikse kampe en mentorskap-programme aan te bied vir hierdie minderbevoorregte kinders. Kinders uit die gemeenskap wat nie die omgee en liefde van ‘n gesonde gesinsverband ken nie.

Hulle doen soveel moeite om die kinders spesiaal en geliefd te laat voel gedurende die 5-dag kamp. Die kinders word ook in hierdie tyd vertel van God se liefde, die Kruis van Jesus en dat daar ‘n plan vir hulle elkeen se lewe is.

Benoni, Roodepoort, Secunda, Alberton, Ladismith (in die Kaap), Brits en Namibië is voorbeelde van waar die kampe aan die suide van die Afrika kontinent aangebied word.

Vind hier uit hoe mens hulle kan help met hierdie jaar se Kempton-Park kamp:

Met die hulp van ons ondersteuners kon & kan Liefde in Aksie (ons praktiese omgee-been) al R 925.00 bydra vir hierdie jaar se kamp benodighede. So wonderlik, dankie julle!

Maar daar is nog ietsie wat ek graag met julle wil deel. Ek sal die kamp (24 Junie – 29 Junie 2018) baie graag wil bywoon as vrywilliger. Dit sal vir my ‘n voorreg wees om saam met die res van die span vir die kiddies te gaan wys hoe Jesus se liefde in aksie lyk. Hiervoor benodig ek R1 200.00. As jy in jou hart voel om ‘n bydrae te maak in hierdie verband is jy welkom om my te laat weet of RFK as verwysing te gebruik met jou donasie inbetaling.

Baie dankie vir jou omgee, al is dit net om in jou gebede aan die seer-hart-kinders van hierdie wêreld te dink. ‘n Verskil kan ons maak! x

Kyk hier om te sien hoe die kampe lewens impakteer…

Dankie dat ek kon deel.

Groetnis en baie seën!

Letitia xxx