So jaar terug het ek ervaar dat Abba dit op my hart plaas om Sy kinders te begin toerus met die pad en lesse wat ek geleer het tot hier. Vandaar die bladsy! Ek bied ‘n verskeidenheid maniere om mense en mede-gelowiges te help om verhouding met God te ontwikkel en te groei. Op die oomblik gebeur dit hoofsaaklik op die blog en Bakkiesblad. Ek droom van video mentorklasse begin. Wie stel belang? 😊 Ek’s ook beskikbaar vir individuele navrae. Stuur my gerus ‘n boodskap via die kontak vorm of inboks my op Facebook. Intimiteit met Abba is vir my ‘n groot passie daarom wil ek julle vra om asseblief vir geen oomblik te huiwer om met my in verbinding te tree nie. Ek help graag!

Skrywer

Die blog is volop inspirasie-stukkies wat vertel van die ongelooflike prag in God se hart. Leer Hom ken. Hy is die mooiste mooi!

Mentor

As jy graag ‘n pad saam met my wil stap wat jou gaan toerus om intimiteit met God te geniet volg asseblief my ekwipt-stukkies & vra vrae!

Spreker

Ek is beskikbaar om my storie van hoop en ontdekkingsreis van God se hart te deel. Ook om aan te moedig dat almal dit kan smaak!


hoe kan ek julle dien?