Royal Family Kids Kampe

Kampe met soveel amazingness. Sjoe my hart word skoon warm en hartseer tegelyk wanneer ek na videos oor dié kampe kyk. Warm omdat daar mense is wat omgee. Hartseer omdat daar soveel kinders is daarbuite wat diep pyn ken.

Ek stel julle graag voor aan I.C.U. / Influeincing Children & Youth (http://www.i-c-y.co.za) en Royal Family Kids (https://rfk.org/). Hulle is nie-winsgewende organisasies gewy daaraan om die lewens van mishandelde en verwaasloosde kinders tussen die ouderdom 7-14 op te helder.

Een van die maniere waarop hulle dit doen is deur jaarlikse kampe en mentorskap-programme aan te bied vir hierdie minderbevoorregte kinders. Kinders uit die gemeenskap wat nie die omgee en liefde van ‘n gesonde gesinsverband ken nie.

Hulle doen soveel moeite om die kinders spesiaal en geliefd te laat voel gedurende die 5-dag kamp. Die kinders word ook in hierdie tyd vertel van God se liefde, die Kruis van Jesus en dat daar ‘n plan vir hulle elkeen se lewe is.

Benoni, Roodepoort, Secunda, Alberton, Ladismith (in die Kaap) en Brits en Namibië is voorbeelde van waar die kampe aan die suide van die Afrika kontinent aangebied word. Daar is selfs ook kampe in Namibië, Suid-Wes Afrika.

Kempton Park het hierdie jaar hulle eerste kamp aangebied en ek het dit bygewoon! Dit was van 24 Junie tot 29 Junie en wat ‘n lewensveranderende ervaring was dit nie. My hart is diep aangeraak, deur elke kindjie en elke vrywilliger wat so onbaatsugtig hulle tyd kom offer het om die kinders se harte met die mooiste herinneringe in te kleur. Dit was ‘n voorreg en ek sê dankie aan elkeen van julle wat finansieël bygedra het in hierdie verband. Die R925.00 wat julle gesaai het, het dit vir my moontlik gemaak om die kamp by te woon en prakties te gaan omgee, die hart van Liefde in Aksie. Ek hoop om ook in die toekoms deel te wees van Royal Family Kids en hulle kampe. Sal julle op hoogte hou!

Hier is twee foto’s van die groep vrywilligers … wil jy nie dalk ook ‘n kamp bywoon nie? 🙂

This slideshow requires JavaScript.

Kom ons onthou die seer-hart-kinders van hierdie wêreld ook in ons gebede. ‘n Verskil kan ons maak! x

Kyk hier om te sien hoe die kampe lewens impakteer…

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s