Liewe vriende,

Desember 2018 lees ek die lewensverhaal van Lon, ‘n jong meisie gebore aan die buitewyke van Thailand wat basies geforseer is om die sekshandel-bedryf te betree. My hart het begin pyn soos ek besef het dit is die harde werlikheid vir sovele.

Kortom, meisies uit brandarm gesinne word sodra hulle graad 4 of 5 bereik enige verdere finansiële ondersteuning vir skoolopleiding van die regering geweier. Dieselfde geld nie vir seuns nie. Boonop vereis die kultuur van daai geweste dat die oudste dogter van die huisgesin merendeels verantwoordelik is vir die versorging van haar ouers/familie. Dus word vele geen ander keuse gelaat as om by sekswerk betrokke te raak nie.

Maar … daar is hoop! Ons kan hande vat met mense en organisasies wat kinders soos die onder hulle vlerk neem en dan geleentheid gee om wel skool klaar te maak. Sodoende is die kanse vir ‘n ander suksesvolle loopbaan so moontlik.

Hiermee wil ek julle dan graag voorstel aan ‘n organisasie waarvan ek bewus geraak het ‘n rukkie nadat die boek my pad gekruis het. 🙌👇🙌👇🙌👇🙌

Rescue 1

rescue 1 red verlate kinders wat in seks mensehandel vasgevang is vanuit die donkerste plekke in die wêreld. hulle voed nie net honger kinders nie maar verskaf ‘n volsorg ondersteuningsnetwerk vir slagoffers wat verskriklike trauma opgedoen het as gevolg van hulle betrokkenheid by die bedryf. rescue 1 is in ‘n paar lande aktief en ek nooi julle graag om meer oor hulle te wete te kom. Dis so mooi, dit waarvoor hulle hul beywer. hier is hulle webwerf adres: https://rescue1now.com/. die bediening waaruit hierdie organisasie gebore is: https://www.mattsorger.com/

Een van die maniere waarop ons ‘n verskil kan maak saam met Rescue1 is deur BORGSKAP teen 50$ per maand per kind. Nadat jy opgeteken het stuur hulle vir jou ‘n foto en naam van die kind wat jou borgskap red en versorg.

Liefde in Aksie droom daarvan om een en meer van hierdie pragkinders te begin borg. Wanneer jy die bediening ondersteun help jy my daarmee. Jy kan ook direk met hulle in verbinding tree. No problemo!

Mag ons altyd omgee om die wêreld in te kleur met God se liefde en deernis.

Waardeer julle! ♥

Letitia

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s